Nog ‘n Gupta en Zuma jnr. skokkende ontdekking, hulle besit ‘n melk plaas, met geen koeie

Die veel berugte melkplaas in Vrede het die belastingbetaler R220 miljoen gekos.

Hofstukke in Bloemfontein het getoon hoe die Guptas, saam met hoë politici en regeringsamptenare die land, in plaas van koeie, gemelk het deur ‘n multimiljoen rand onderneming.

Geld wat geoormerk was vir ‘n landbouprojek is gekanaliseer na die broers Gupta en Duduzane Zuma.

Die vorige LUK van landbou in die Vrystaat en deesdae minister in die Zuma-kabinet, Mosebenzi Zwane, het skynbaar die plaas uitgesoek weens sy afgeleë ligging sodat die korrupsie en diefstal nie so opvallend sou wees nie.

Geld wat moes gaan vir die regering se “honger program” is as volg verdeel: Atul Gupta het R10 miljoen ontvang, Oakbay Investments het R24,5 miljoen gekry, Aerotrading Haven R21 miljoen en R16,5 miljoen is deurgegee aan die Gupta maatskappy, Vargafield, terwyl ‘n verdere R15 miljoen verdeel is tussen verskeie Gupta beheerde firmas.

Die geld is onder andere aangewend om ‘n privaat straler aan te koop vir R30 miljoen, die Sun City troue van R30 miljoen vir die honger gaste en duur motors ter waarde van R19 miljoen.

Die hof het beveel dat op bates van nie meer nie as R220 miljoen beslag gelê kan word in verskeie bankrekenings wat gekoppel is aan die Estina melkprojek.

Zwane moet eerskomende Woensdag voor die minerale parlementêre komitee verskyn nadat hy in November nie opgedaag het nie.


Enjoyed this post? Share it!