Nuwe liberale party in visier vir SA

‘n Aantal senior leiers van die DA beplan glo om weg te breek van die party en ‘n “ware liberale party” te stig met die oog op die 2019 verkiesings.

Helen Zille is glo een van die voorbokke wat nie tevrede is met Mmusi Maimane se leiding nie alhoewel sy baie tevrede was toe hy by haar oorgeneem het. Die partyleiding het dit bewerings afgemaak as skinderstories.

Dr. Frans Cronjé van die Instituut vir Rasse Aangeleenthede het egter bevestig dat verskeie vergaderings plaasgevind het om ‘n nuwe liberale party te stig waarby politici, sakelui en joernaliste betrokke was.

Deur: Die Vryburger


Enjoyed this post? Share it!