Nuwe probleme by motorreus Ford steek kop uit

Henry Ford sal beslis nie gelukkig wees met die nuutste herroeping van Ford modelle nie. Die motorreus het eienaars van Focus, Kuga, Transit Connect en Tourneo Connect versoek om ‘n afspraak te maak met hul handelaars sodat ‘n diagnostiese toets uitgevoer kan word rondom die modelle se koppelaar plate.

Dit het onder Ford se aandag gekom dat die koppelaarplaat op die modelle kan breek wat dan ‘n brand gevaar kan inhou.

Intussen is mense verstom oor Ford se verklaring dat die voertuie veilig is om mee te ry, terwyl daar ‘n brandgevaar is.

Na die klomp probleme met Ford, word daar werklik tong in die kies verwys na Ford as F(oute)O(ral)R(eperasies)D(aagliks)


Enjoyed this post? Share it!