Omstrede Noordwes premier is klaarblyklik besig om ‘n toer te organiseer teen Ramaphosa

Die omstrede Noordwes premier,Supra Mahumapelo, is klaarblyklik besig om ‘n toer te organiseer deur Wes-Transvaal om steun te werf in sy geveg teen Cyril Ramaphosa, wat dié provinsie onder die sentrale regering onder administrasie geplaas het.

Sy grootste vrees is klaarblyklik strafregtelike klagtes teen hom oor sy beweerde bedrog en korrupsie in die provinsie. Volgens Die Valke het al die korrupsie klagtes in die provinsie ‘n “voetspoor van Supra“ op een of ander manier.

Die feit dat die provinsie en alle munisipaliteite onder “geregtelike bestuur” geplaas is maak egter sy taak ietwat moeiliker. Ondersoeke wat tans aan die gang is toon dat daar grootskaalse korrupsie plaasgevind het met tenderprosedures en wydverspreide plundering van die staatskas wat gelei het tot die verryking van ‘n paar individue.

Deur: Die Vryburger


Enjoyed this post? Share it!