Onderwys en die vierde industriële revolusie

Volgens die minister van Basiese Onderwys, Angie Motshekga, moet die Suid-Afrikaanse onderwysstelsel in totaal oorgedoen word om te voldoen aan die sogenaamde vierde industriële revolusie.

Kundiges toon dat die agterstand van Afrika opvoeding begin het met die industriële revolusie in 1760 toe daar oorgeskakel is van handewerk na krag aangedrewe masjinerie. Afrika het nooit daardie sprong gemaak nie en het jare later nog steeds by die graaf, pik en kruiwa vasgehaak.

Waar die vierde revolusie nou vandaan kom sal Motshekga alleen weet, sê die kundiges. Kreatiwiteit, aanpasbaarheid en behendigheid is volgens haar die kern van die nuwe stelsel.

Foto: Angie Motshekga

Deur: Die Vryburger


Enjoyed this post? Share it!