Ons grond word verkoop/gegee aan Sjinese vir rys

Die ANC-regering het 100 hektaar grond aan ‘n Sjinese maatskappy gegee op ‘n langtermyn huur ter waarde van R300 miljoen in die Lydenburg/Bosbokrand omgewing.

Africa Sino Projects gaan ook ‘n hotel en sportpark naby die Krugerwildtuin oprig.

Landboukenners bevraagteken die rys projek aangesien groot hoeveelheid water voorsien sal moet word om rys te produseer en dit in ‘n droë gebied van die provinsie.

‘n Tweede Sjinese maatskappy (CSEEC) gaan die Duma kragstasie oprig op 2 hektaar grond terwyl die oorblywende 380 hektaar gebruik sal word om Sjinese werkershuise op te rig.

Kommer is reeds uitgespreek dat Suid-Afrika nou ‘n stortingsterrein vir Sjinese kan word.

Enjoyed this post? Share it!