Ons stede is op die rand van finansiële ineenstorting

Die ANC, by monde van Nhlanhla Nene die minister van finansies, en die direkteur-generaal van finansies Dondo Mogojane, het tydens die tesourie se uitvoerende leierskap program gesê dat sommige stede in die land op die rand van finansiële ineenstorting is en dat die munisipaliteite van die rand van finansiële ondergang gered moet word.

Eskom word miljoene geskuld deur die stede en volgens Nene word sterk verantwoordbare leierskap benodig in die rade.

Ontleders sê dat as daar na bykans 25 jaar nog niemand opgelei kon word om stadsrade te bestuur nie, is hulle van oordeel dat dit nooit sal geskied nie.

Dr. Joan Clos beweer dat geld net eenvoudig spandeer word en dat armoede nie daardeur verhinder gaan word nie.

Mogojane waarsku dat sou stede ineenstort, die land gaan ineenstort.

Die verstedeliking van die bevolking is tans naby 70%.

Enjoyed this post? Share it!