Onwettige sake transaksies deur staatsamptenare tap staatskas leeg

Staatsamptenare doen klaarblyklik soveel sake met die regering, dat dit die staatskas behoorlik leegtrek.

Die voorsitter van die parlement se Staande Komitee oor Openbare Rekeninge, Themba Godi, eis nou dat dié amptenare afgedank moet word.

Die minister van finansies, Nhlanhla Nene, het ‘n verslag oor aankope aan die parlement voorgelê. Daaruit blyk dit dat sowat R8 miljard rand van die staatsdiens se totale uitgawes aan sakeondernemings betaal wat deur staatsamptenare besit word. Meer as 2 000 staatsamptenare doen onwettig sake met die regering, strydig met regulasies wat in 2016 ingestel is om dit te verbied.

Volgens Godi lei die praktyk tot korrupsie en die diefstal van staatsgeld.

Deur: Die Vryburger


Enjoyed this post? Share it!