Oproep vir Shaun Abrahams se kop

Die aandrang dat Shaun Abrahams as Nasionale Vervolgingsgesags (NVG) se hoof vervang moet word, word al hoe dringender.

Sy aanstelling en tyd as hoof van NVG het getoon waar sy simpatie lê, naamlik by die persoon wat hom aangestel het. Jacob Zuma se vervolging sloer al jare en dit word grootliks toegeskryf aan Abrahams se voete slepery.

Dit is ook vreemd dat Zuma jnr. nou eers moontlik aangekla gaan word vir strafbare manslag wat in 2014 plaasgevind het. Daar is nog onsekerheid of hy wel of nie aangekla gaan word.

Abrahams se posisie is in elk geval in die weegskaal in die lig van ‘n hofuitspraak wat bepaal dat sy voorganger onregmatig afgedank is, wat impliseer dat hy onregmatig aangestel is daarna

Intussen word berig dat Zuma jnr in Dubai sit in sy luukse huis van R 17 miljoen.


Enjoyed this post? Share it!