Oud SABC baas kry dagvaarding van R21 miljoen

Die Spesiale Ondersoek Eenheid het die voormalige SABC-baas, Hlaudi Motsoeneng, beteken met ‘n R21 miljoen dagvaarding.

Onder andere is dit om sy “bonus” van R11 miljoen terug te kry. Die res van die bedrag is weens skade wat hy berokken het met onwettige personeel aanstellings en afdankings tydens sy termyn.

Kontrakte aangegaan met MultiChoice ter waarde van R533 miljoen gaan verder ondersoek word.

Daar doen ook gerugte die rondte dat James Aguna, vorige hoof finansiële beampte van die SABC, en minister Faith Muthambi ook ondersoek gaan word vir hulle aandeel in die SABC se duistere onderhandelinge.

Foto: Hlaudi Motsoeneng
Deur: Die Vryburger


Enjoyed this post? Share it!