#PLAASMOORD By Plaas Bakoond – Sutherland – Vrou Met Klip Doodgeslaan

‘n Ma van twee tieners, Riana Louw du Toit, van Sutherland in die Noordkaap is gisteroggend op die R354 tussen Sutherland en Merweville vermoedelik oorval en in haar motor vermoor.
 
Riana Louw du Toit wat by die restaurant op die plaas Rogge Cloof gewerk het se lyk is gisteroggend omstreeks 08:00 in haar motor gevind.
 
Volgens ‘n boer van Sutherland het Louw du Toit se kollegas na haar gaan soek nadat sy nie by die werk opgedaag het nie. Een van hulle het haar verminkte lyk in haar motor gevind. Dit lyk asof sy met ‘n klip geslaan is. Lede van die boeregemeenskap en inwoners van Sutherland wat lid is van die radioveiligheidskomitee het later ‘n man vasgetrek wat op ‘n naburige plaas werk. Hy het gevlug toe hy agternagesit is en het sowat 1 kilometer van die moordtoneel in riete weggekruip.
 
Volgens lede van die komitee het hy gese hy sal homself doodmaak eerder as om tronk toe te gaan.
PressReader

 

 

 

 

Enjoyed this post? Share it!