#PLAASMOORD:  Man (73) Koelbloedig Vermoor, Honde Doodgeskiet

‘n 73-Jarige man is dood en sy vrou is “erg geruk” nadat die egpaar Vrydagaand op hul plaas op Charl Cilliers in Mpumalanga aangeval is.

Brigadier Leonard Hlathi Woorvoerder van die Polisie, het die voorval bevestig.  Hy het die egpaar as Johannes Cornelius (73) en Ilse Jakoba Meyer (69) geidentifiseer.

Volgen Hlathi het die voorval omstreeks 22:30 plaasgevind.  Hy sê die egpaar was glo in hul sitkamer besig om televisie te kyk toe drie gewapende terroriste hulle aangeval het.

“Die mans het blykbaar die huis binnegestorm en aangedring op die sleutels van die kluis”, se hy.

Volgens hom het die skurke daarna vir Johannes in die slaapkamer ingedwing en die kluissleutels by hom afgeneem.  Die groep skurke het hom daarna doodgeskiet.

“Die skurke het na bewering ‘n rewolwer en 2 twee jaggewere in die voorval gesteel.  Hulle het ook juwele en ‘n onbekende bedrag geld, ‘n televisie en ‘n Ford Ranger-bakkie gesteel”, se hy.

Hlathi se die skurke het kort voor hulle gevlug het ook die egpaar se twee honde doodgeskiet.

Volgens hom is Ilse hardhandig hanteer, maar in ‘n stabiele toestand.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.  Die registrasienommer van die Ford Ranger-bakkie is JKP 436 MP.  Die Polisie het ‘n beroep op enigiemand met meer inligting oor die voorval gedoen om met Konstable Phakisa Motau, die Ondersoekbeampte, by 082 053 0306 te kontak.

Deur:  Cyril Blackburn/Maroela

Enjoyed this post? Share it!