Pravin Gordhan sê Singh, ESKOM se hoof finansiële beampte, LIEG!

Die voormalige hoof finansiële beampte van Eskom lieg.

Die duidelike beskuldiging kom uit die mond van die voormalige minister van finansies, Pravin Gordhan.

Gordhan sê Singh vermy antwoorde, hy lieg en hy dink die parlementêre ondersoekkommissie is kinders. Hy beskuldig Singh ook daarvan dat hy deel is van die groot sameswering om belastingbetalers se geld te kanaliseer na die Guptas.

Singh het ontken dat die Guptas vir sy vakansie en vlug na Dubai betaal het, maar hy kon egter nie tydens ondervraging onthou wat hy die vyf dae gedoen het in Dubai nie.


Enjoyed this post? Share it!