Privaat beloning vir Guptas se arrestasie afgekeur

Privaat belonings vir die arrestasie van Ajay Gupta word deur die minister van polisie afgekeur, want dit kan volgens hom die lewe van Ajay in gevaar stel.

Paul O’Sullivan van Forensies vir Geregtigheid en die hoofuitvoerende beampte van die Sygnia groep, Magda Wierzycka, het in totaal meer as R1 miljoen aangebied vir inligting rondom Ajay, Atul en Rajesh Gupta sowel as Duduzane Zuma.

Ontleders vra vir wie Mbalula hier probeer beskerm. Alhoewel dit ongewoon is dat private persone belonings aanbied vir die aankeer van misdadigers, kan dit tog daartoe bydra dat gesoektes vasgetrek kan word.

Foto: Fikile Mbalula

Deur: Die Vryburger


Enjoyed this post? Share it!