Rassisme op wittes word al hoe erger, die gemeenskap help en dankie dat die polisie vinnig op die toneel gewees

ʼn Swart motorkaper het helder oordag mev. Naomi van de Graaf se motorvoertuig voor Oranjekas se sekuriteitshek geroof in die rustige Moot woonbuurt, Moregloed, in Pretoria.

Die brutaliteit van die roof was weereens ʼn voorval wat nie losgemaak kan word van uiterste rassisme nie. Die kaper het sy daad in ʼn rustige woonbuurt uitgevoer. Hy het die dame, wat tydens die kaping buite die voertuig was aan die arm beet gekry en met haar langs die voertuig weggejaag. Toe hy haar uiteindelik loslaat het sy op die teerpad geval en verskeie beserings opgedoen.

Die dame se histeriese gille kon ver in die woonbuurt gehoor word en mense het uit hulle huise na buite gestorm. ’n SAPD voertuig het onbewus van die voorval in die staat afgekom en is voorgekeer. Die vinnige aanmelding binne vyf minute na die voorval het die polisie in staat gestel om die kaper in die swart woongebied Mamelodi binne ʼn uur na die voorval vas te trek en die voertuig te herwin.

Die dame ly aan traumatiese skok met verskeie skraapmerke aan haar liggaam. Gelukkig het sy so geval dat dit nie noodlottig was nie. Tydens haar val het die voertuig haar gelukkig nie getref en het sy ook hoofbeserings vrygespring.

Die voorval is duidelik rassisties met die opset om ernstig te beseer wat noodlottig kon wees.


Enjoyed this post? Share it!