Regering wil nie net ons grond hê nie, hulle soek ook private damme

Dit is nie net grond nie maar ook damme wat die ANC wil konfiskeer.

Volgens ‘n woordvoerder van die ANC besit swartes slegs 4% van alle “privaat” damme en gaan die regering toesien dat die saak reggestel word.

Die vraag ontstaan weereens wie die damme gebou het en met wie se kapitaal is dit gebou.

Intussen het kenners gesê dat in plaas daarvan dat die regering hom wil bemoei met damme in privaat besit, hy eerder moet toesien dat damme in staatsbesit beter onderhou en bestuur word.

Deur: Die Vryburger


Enjoyed this post? Share it!