Registrasies by Unisa word ontwrig deur Staking

Registrasieproses by Unisa kampus is Woensdag ontwrig deur Lede van die National Health and Allied Workers Union (Nehawu).

Nehawu het Dinsdag aangekonding dat werkers gaan staak aangesien loononderhandeling tussen die vakbond en die universiteitsbestuur  ’n dooiepunt bereik het.

Werkers wat aan die vakbond behoort eis ’n salarisverhoging van ongeveer 12% terwyl die universiteitsbestuur slegs ’n verhoging van 6.5% aanbied.  Die vakbond het nie die aanbod aanvaar omrede hul van mening is dat Unisa die 12% verhoging kan bekostig.

Nehawu eis voorts dat alle Unisa-raadslede dadelik moet ophou om sake met die universiteit te doen.  Verder eis hulle ook dat alle kontrakwerkers voortaan voltyds in diens geneem moet word sonder die hulp van arbeidsmakelaars.

Betogers het aangedui dat indien daar nie aan hulle eise voldoen is nie, sal hul nie toelaat dat registrasie of enige ander bedrywighede voortgaan nie.

Vroeër die week het chaos uitgebreek by Unisa se Sunnyside-kampus toe voornemende studente oor die universiteit se hekke gekluister het om te registreer vir die 2018 akademies jaar. Bedrywighede het egter terug na normaal teruggekeer Dinsdag en die universiteit kon 08:00 open nadat studente van EFF en Sasco vergader het met verteenwoordigers van die universiteit.  EFF en Sasco het geëis dat studente se skuld afgeskryf moes word en dat die registrasie proses gratis moet geskied.

Bedrywighede het Dinsdag weer na normaal teruggekeer en die universiteit kon 08:00 heropen nadat verteenwoordigers van die universiteit met studente van die EFF en Sasco vergader het. Die EFF en Sasco eis onder meer die afskryf van skuld en gratis registrasie.


 

Enjoyed this post? Share it!