Regsspan sê Zuma is ‘n warm patat en wil nie voortgaan om hom te verdedig

Die Regsspan van Jacob Zuma het aangetoon dat hul nie voortgaan om die eks-hoofman te verdedig nie.

Michael Hulley, het bevestig dat die dienste van die Advokate wat Zuma se saak teen die besluit van die Nasionale Vervolgingsgesag sou hanteer, onttrek het.

Die hof moet nog besluit of die staat (dus die belastingbetaler) Zuma se regskoste gaan betaal.

Dit blyk dat Zuma se verwagte verhoor in November 2018 uitgestel gaan word tot ‘n latere datum. So sal daar seker gepoog word dat al sy wandade in vergetelheid sal verdwyn en by verskyning sal hy seker te siek wees om tronk toe te gaan.

Hierdie voorspelling deur politieke ontleders is dalk nie so vergesog nie as die, Shabir Sjeik, en ander wat op siekteverlof is buite die tronkdeure, se gevalle as voorbeeld geneem word nie.

Foto – Die voormalige President van Suid-Afrika, Jacob Zuma.

Deur: Die Vryburger


Enjoyed this post? Share it!