SA gesondheidstelsel was beter onder apartheid, sê Malema

Openbare gesondheidsorgdienste was beter tydens apartheid as wat hulle nou onder die ANC-regering is, het EFF-leier Julius Malema Maandag beweer.

Malema het verwys na wat hy ‘n “nasionale gesondheidskrisis” noem, wat volgens hom die EFF beplan om bloot te stel.

Hy het verduidelik hoe ‘n funksionele kliniek in Limpopo, wat tydens apartheid gebou is, deur die huidige regering gesluit is.

“Die EFF in my wyk het op ’n daaglikse basis geëis dat die kliniek oopgemaak moet word. Wanneer ons sê apartheid beter as hierdie mense was, dink jy ons oordryf.

“Ons verwys na die praktiese dinge wat ons sien. Hier is ‘n kliniek onder apartheid, wat goed funksioneer, demokrasie kom, die kliniek het ineengestort.”

Die EFF-plenêre vergadering wat oor die naweek gehou is, het 2018 die jaar van openbare gesondheidsorg verklaar. Malema het bygevoeg dat alhoewel hy die minister van gesondheid, Aaron Motsoaledi, lief het, was hy van mening dat die minister verantwoordelik was vir die tragedie van die Life Esidimeni tragedie.

Hy het joernaliste gewaarsku om te val vir die minister van gesondheid se mooipraatjies nie.


Enjoyed this post? Share it!