SA se munisipale rade – 31% is in chaos, 31% is op die rand van chaos en 31% funksioneer net-net

Sogenaamde kenners gaan nou deur die staat aangestel word om die meer as 55 disfunksionele munisipaliteite by te staan met hul kern bedrywighede.

Disfunksioneel beteken dat die entiteit nie behoorlik funksioneer nie weens gebrek aan kennis en kundigheid van die personeel.

Die kenners moet help om beplanning te doen, lewering van dienste te koördineer, infrastruktuur en finansiële bestuur toe te pas sowel as die “mense” te leer om administratiewe take te verrig.

31% van die land se rade is in chaos, ‘n verdere 31% is op die rand van chaos terwyl ‘n verdere 31% redelik funksioneer. Slegs 6% rade funksioneer goed.

Die minister van Koöperatiewe Regering en Tradisionele sake, Zweli Mkhize, het met die aankondiging geweier om die munisipaliteite by naam te noem.

Intussen verdien stadsbestuurders R900 000 per jaar en al wat hul bereik is om dorpe in skroothope te verander.

Foto: Zweli Mkhize

Deur: Die Vryburger


Enjoyed this post? Share it!