SAKP beweer Zuma wil Ramaphosa afdank om hom met sy eks te vervang

Die SA Kommunistiese Party (SAKP) het ‘n verklaring uitgereik waarin hulle beweer dat Jacob Zuma beoog om Cyril Ramaphosa af te dank as die land se adjunkpresident en hom met sy eks, Nkosazana Dlamini-Zuma te vervang.

Die SAKP beweer verder dat Zuma van ‘n Zoeloe regiment (Anabutho) gebruik wil maak om hom te beskerm in sy pos as president.

Die presidensie het by monde van Bongani Ngqlunga die bewerings ontken.

Politieke ontleders glo egter dat die SAKP ingelig genoeg is om met gesag so ‘n verklaring uit te reik.

Zuma besef dat hy met sy rug teen die muur is en kan op so ‘n wyse Ramaphosa se gesag en invloed beperk.  Boonop word daar al hoe meer van ‘n moontlike noodtoestand gepraat, veral weens die protesoptogte teen Zuma.

Deur: Die Vryburger


Enjoyed this post? Share it!