Sekuriteitswagte aangekeer vir inbraak by Heidelberg huis in Gauteng

Twee sekuriteitswagte is die naweek aangekeer in Heidelberg, Gauteng ná goeie speurwerk deur Speurder Konstabel Aubrey Mabelane in verband met die inbraak op 3 Januarie vanjaar.

Volgens Kaptein Thivhulawi Tshilate is ‘n toesighouer en ‘n wag in hegtenis geneem. Die huis se motorhuisdeur is oopgebreek en ‘n kompressor gesteel. Die verdagtes het glo ‘n maatskappyvoertuig gebruik toe die inbraak gepleeg is.

Hulle sal Maandag in Heidelberg Landdroshof op aanklagte van inbraak en diefstal verskyn.


Enjoyed this post? Share it!