Slegte nuus vir motor eienaars:- Brent Ru-olie breek $80

Brent Ru-olie het die $80 grens oorgesteek vir die eerste keer sedert 2014. Venezuela is besig om as staat inmekaar te stort en produksie uit dié land het skerp gedaal.

Daar is volgens ekonome nie hoop dat olie pryse in die afsienbare toekoms gaan daal nie.

Jan Publiek sal dus nog meer moet uithaal vir brandstof, veral omdat die rand steeds verswak teen die vernaamste ander geldeenhede.

Daar word reeds bespiegel dat brandstofpryse begin Junie met ‘n verdere 60 sent per liter of selfs meer, kan styg.

Sou die regering beleidsekerheid oor ekonomiese en landbousake kon vestig, sou dit die rand se waarde kon laat styg en sou dit die hoë oliepryse kon absorbeer.

Enjoyed this post? Share it!