Staatsinstansies in die knyp – SAL en Poskantoor staan bakhand vir belastingbetalers se geld

Nadat die SAL aan die parlement erken het dat hy in groot verknorsing is, het hulle weer aangedui dat hulle ‘n verdere reddingsboei nodig het.

SAL het onlangs R10 miljard ontvang, en daarmee skuld betaal, maar het nou ‘n verdere R12 miljard nodig, maar reken dat hy teen 2021 uit die ellende sal kan wees.

Die adjunkminister van finansies sê om SAL te privatiseer, gaan R60 miljard kos.

Met die poskantoor gaan dit nie veel beter nie.

Ten spyte van ‘n kapitaalinspuiting van R3,7 miljard vanaf ‘n onbekende bron, is sy jaarlikse tekort R700 miljoen.

Deur: Die Vryburger


Enjoyed this post? Share it!