Suid Afrika se Inkomste Diens blink bo maar…

SAID se “top” belasting beampte, Jonas Makwakwa, het bedank met ‘n wolk van beskuldigings teen hom wat wissel van beweerde korrupsie, geldwassery en gelde wat in sy rekening betaal is.

Corruption Watch se David Lewis het verklaar dat Makwakwa en Tom Monyane, SAID se baas, vervolg moet word aangesien Monyane sy posisie misbruik het om nie teen Makwakwa op te tree nie.

Intussen word gespekuleer dat Monyane ook gaan bedank.

Deur: Die Vryburger


Enjoyed this post? Share it!