Sukkelende Denel gee R1 miljoen beurs weg aan Noordwes premier se seun

Ten spyte daarvan dat Denel nie salarisse en verskaffers kan betaal nie, buig hulle die reëls en gee ‘n R1,1 miljoen beurs aan die seun van Noordwes se premier om ‘n loods te word.

Op navraag het Denel gesê dat dit in lyn is en bydra tot transformasie van die lugredery bedryf.

‘n Paar uur later het Pravin Gordhan opdrag gegee dat die verklaring terug getrek moet word. Hy het dan ook onmiddellik opdrag gegee dat Denel se nuwe raad die saak moet ondersoek.

Z Ntsepe, die hoofuitvoerende beampte van Denel het die “kontrak” goedgekeur en sy vorige verbintenisse met die Guptas maak die toekenning soveel meer verstaanbaar.

Deur: Die Vryburger


Enjoyed this post? Share it!