Woensdag: 2 plaasaanvalle vind plaas ure uit mekaar

Daar was Woensdagoggend binne enkele ure van mekaar twee plaasaanvalle in Limpopo en Mpumalanga onderskeidelik.

’n Plaaswerker is omstreeks 04:30 op ’n plaas in die Kromdraai-gebied buite Emalahleni in Mpumalanga geskiet.
Continue reading…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Bejaarde egpaar van Grootvlei, Mpumalanga, in skuur oorval, aangerand

’n Bejaarde egpaar, die Hickleys, is Donderdagoggend deur ’n tuinwerker en nog ’n man op hul plaas naby Grootvlei, Mpumalanga, aangeval.

Dit is net noord van Villiers, in die Vrystaat.

Volgens inligting op sosiale media is die Hickleys in ’n skuur op die plaas Draaifontein oorval, aangeval en vasgebind. Hulle is hierna by die huis ingedwing en verder aangerand. Die twee aanvallers het toe met kontant, ’n selfoon en ’n handsak gevlug.
Continue reading…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Panga-aanval op boer van Hoopstad: Mans vry, dossier ‘weg’

‘n Boer van Hoopstad is woedend omdat die vier mans wat hom in November met onder meer pangas aangeval het en wou doodmaak, op vrye voet is aangesien die polisiedossier weggeraak het.

Kapt. Stephen Thakeng, ’n polisiewoordvoerder, het bevestig die dossier is soek in die saak waarin die viertal op aanklagte van poging tot moord en huisbraak sou teregstaan.
Continue reading…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Bejaarde egpaar loop deur in plaasaanval naby Spitskopdam in die Noord-Kaap

’n Bejaarde egpaar is Woensdagoggend vroeg op hul plaas naby Spitskopdam in die Noord-Kaap aangeval.

Hulle is daarna in die waakeenheid van ’n hospitaal in Kimberley opgeneem.

Continue reading…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Bejaarde Boervrou van Bloemfontein aangerand tydens plaasaanval

’n Bejaarde boervrou van Bloemfontein word in die hospitaal behandel nadat sy Maandag ure lank in haar plaashuis net buite die stad deur vier gewapende mans aangehou en aangerand is.

Martie du Plessis (64) van die plaas Deyselsrust net buite Bloemfontein, is Maandag omstreeks 08:00 deur vier gewapende mans by haar huis ingewag nadat sy haar kleinkinders by die skool gaan aflaai het.
Continue reading…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Bejaarde man met knopkieries aangerand tydens plaasaanval

’n Bejaarde egpaar in Reitz-ongewing, Vrystaat wreedaardig aangerand Sondagoggend tydens plaasaanval.

Nasionale operasionele koördineerder van AfriForum, Marius Müller het die aanval bevestig en gesê dat ʼn voorlopige ondersoek dui daarop dat drie gewapende aanvallers die egpaar omstreeks 05:00 oorval het.
Continue reading…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Jong egpaar oorleef plaasaanval in Gauteng

’n Jong egpaar is Vrydag in die vroeë oggendure, net ná middernag, deur rowers wat by hul huis op ’n plaas in Hekpoort, naby Magaliesburg in Gauteng, ingebreek het, aangeval. Die 21-jarige man is met ’n skerp voorwerp in die rug gesteek en hy het ook wonde aan sy gesig opgedoen, luidens ’n verklaring deur […]
Continue reading…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

VF Plus: Dieperliggende redes vir plaasaanvalle in Suid-Afrika

Die vlaag van plaasaanvalle in die Noord-Kaap laat die kollig val op gemoedere wat toenemend rondom grondbesit in Suid-Afrika opgejaag word, sê dr. Wynand Boshoff, Noord-Kaapse leier van die VF Plus. Hy sê terwyl beter polisiëring en toenemende paraatheid die probleem kan verlig, is daar in Suid-Afrika ‘n onderliggende probleem wat aandag verg. “Dit skep […]
Continue reading…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Egpaar van Marquard wreed aangeval in rooftog

‘n Landbou-adviseur en sy vrou van Marquard in die Vrystaat is in ‘n stabiele toestand in ‘n Bloemfonteinse hospitaal nadat hulle Saterdagnag in ‘n rooftog wreed in hul huis aangeval en met die dood gedreig is. Lourie van der Merwe en sy vrou Celia se dogter Ilse Botha het gisteraand aan OFM-nuus gesê die rower […]
Continue reading…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Opvolg: Boer van Lydenburg distrik sterf dag ná plaasaanval

Die bejaarde boer Dries Steenkamp (77jr) het in die vroeë oggendure van Vrydag gesterf na hy Donderdagoggend op sy plaas buite Lydenburg in Mpumalanga geskiet is. Provinsiale woordvoerder van die polisie, Sers. Gerald Sedibe het die nuus bevestig en gesê dat die polisie nou ’n saak van moord en saak van inbraak ondersoek. Nog niemand […]
Continue reading…

Enjoyed this post? Share it!