Dit is waarvoor die DA staan!

Dis waarvoor die DA staan mense, arm mense gaan nie werk nie maar wel ons belasting geld kry, die DA met sy dubbel standaarde, hul steun grondonteining en dan staan hulle teen dit so. Dit laat ‘n mens dink, wat is jou mening?

Plasing in geleen by Front Nasionaal
Lees verder…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Kleinhoewe aanval in Springs – aanvaller dood en man gewond

’n 55-Jarige man is gewond en ’n vermeende aanvaller dood tydens ’n aanval op ’n kleinhoewe naby Spring Dinsdagoggend.

Die voorval is bevestig deur Kapt. Johannes Ramaphora, woordvoerder van die polisie, hy het gesê die voorval het tussen 01:00 en 02:00 op ʼn kleinhoewe by Ermeloweg in Vischkuil, oorkant Endicott, plaasgevind.
Lees verder…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Premier van Noordwes teer nog steeds op belastingbetalers se geld na bedanking en skorsing

Supra Mahulamphelo het bedank as premier van Noordwes na beskuldigings van korrupsie en wanadministrasie maar hy bly volgens die ANC aan as lid van die provinsiale wetgewer en sal steeds salaris ontvang.
Lees verder…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Eskom het planne in plek om “ligte” aan te hou tydens onbeplande staking

Eskom het aangekondig dat hul planne in plek het om grootskaalse kragonderbrekings te voorkom sou die onbeplande staking plaasvind.

Eskom se skuldlas van R350 miljard het gemaak dat hulle geen verhogings aan werknemers kan gee nie.
Lees verder…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Malema dreig die wittes met ‘n revolusie wat die die hoogste vorm van anargie gaan wees

Op die sosiale media word tans ‘n onderhoud versprei wat Julius Malema skynbaar met ‘n Turkse nuus netwerk gehad het.

Daarin het Malema gewaarsku dat Suid Afrika ‘n revolusie in die toekoms mag beleef. Hierdie revolusie sal volgens hom die hoogste vorm van anargie wees.
Lees verder…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

R125 000 porno rekening vir Limpopo adjunkspeaker

Die adjunkspeaker van Limpopo het tydens ‘n rit na die VSA daarin geslaag om ‘n loopfoon rekening op te loop van R125 000.

Dit blyk dat hy dié hoë rekening gekry het toe hy pornografie op sy foon gekyk het.
Lees verder…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

DA openbaar sy anti Israel sentiment na burgemeesterskomiteelid wat ‘pro-Israeliese uitsprake’ gemaak het geskors is

Die DA het met die skorsing van Johannesburg se burgemeesterskomiteelid vir gesondheid, Mpho Phalatse, weens ‘pro-Israeliese uitsprake’, gewys dat hy kant kies teen Israel in dié Midde-Oosterse-grondkwessie tussen Israel en Palestina.

Johannesburg se DA-burgemeester, Herman Mashaba, het Mpho geskors nadat sy glo gesê het Johannesburg is ʼn ‘vriend van Israel’. Die EFF het Mpho se skorsing verwelkom en dring daarop aan dat sy sonder meer afgedank moet word.
Lees verder…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Slegte nuus vir SA – Statistiek SA dui aan dat Ekonomie nie sal herstel nie

“Die afname in die ekonomiese groeikoers van 2,2 % wat Statistiek SA vir die eerste kwartaal vanjaar aangekondig het wys baie duidelik dat die kans vir ‘n ekonomiese herstel en oplewing baie skraal is,” sê mnr Fanie Brink, ‘n onafhanklike landbou-ekonoom.

Hy sê die president, Cyril Ramaphosa, bevind homself tans in dieselfde posisie as wat Vladimir Lenin, die Russiese diktator, kommunis en ateïs, baie jare gelede was toe hy besef het dat Marxisme (Kommunisme) as ‘n ekonomiese stelsel misluk het en dat hy die ekonomie moet gereguleer deur middel van baie dekrete om alle ekonomiese bates, rykdom, groei en werksgeleenthede tussen almal in die land te herverdeel. Almal weet vandag dat hierdie stelsel uiteindelik oor die hele wêreld misluk en verwerp is.
Lees verder…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Inwoners van Koster is gatvol vir Munisipalitiet se leë beloftes en neem dienste oor

In terme van ‘n hofbeslissing kan die plaaslike belastingbetalersvereniging beheer oorneem oor Koster se watervoorsiening en vullisverwydering.

‘n Soortgelyke bevel vroeë die maand het gelas dat Eskom afsien van planne om die dorp se elektrisiteit af te sny weens skuld van sowat R50 miljoen.
Lees verder…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Hartbeesfontein plaasaanval: boer 5keer deur boewe geskiet

‘n Boer wat in die Noordwes-provinsie woon, is gister 5 keer tydens ‘n plaasaanval geskiet.

Kallie Van Heerden is vyf keer geskiet deur drie onbekende mans wat hom op sy plaas in Rooikuil net buite Hartbeesfontein gekonfronteer het. Volgens sy vrou, Thelma, is hy in ‘n kritieke toestand en het interne bloeding a.g.v. die aanval. Van Heerden is net ná 16:00 Maandagmiddag in die hand, elmboog, skouer en bors geskiet.
Lees verder…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Eens ‘n vooruitstrewende munisipaliteit aan die Rand nou onder administrasie

David Makhura , Gauteng premier, het aangekondig dat die Emfuleni Munisipaliteit onder administrasie geplaas is.

Die provinsiale regering gaan glo toesien dat die minimum standaard van dienslewering sal plaasvind en ‘n finansiële herstelprogram daargestel sal word.

Eskom en Rand Water het gedreig om dienste te staak terwyl vullisverwydering lukraak plaasvind.
Lees verder…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

ANC het tot Vrydag tyd om R300 000 op te dok vir agterstallige regsfooie anders sal balju toeslaan op Luthulihuis

Skuld wat oploop en ‘n rekening wat agterstallig raak is klaarblyklik nie ‘n prioriteit in die nuwe Suid Afrika nie.

Die ANC het tot Vrydag tyd om R300 000 op te dok vir agterstallige regsfooie anders sal die balju toeslaan op die eiendom. Die regskostes is die resultaat van ‘n mislukte hofaansoek in die Johannesburgse hooggeregshof deur die ANC, toe daar aansoek gedoen is vir ‘n geheime wantroue mosie teen Herman Mashaba.
Lees verder…

Enjoyed this post? Share it!