Volkskool Orania hou feestelik verjaarsdag

Vroeg verlede Saterdagoggend het Volkskool Orania hul sewe-en-twintigste verjaarsdag met ‘n feestelike potjiekoskompetisie afgeskop.

Dit was ook die begin van ‘n fondsinsamelingsprojek vir groot uitbreidings aan die bestaande gebou, waarvan die planne reeds by die argitek is. Die leerlingtal het in so ʼn mate toegeneem dat die skool dringend groter ruimte benodig.

Die skoolhoof, mev Anje Boshoff, het haar dankbaarheid uitgespreek oor die fenomenale groei van die skool – nie net in getalle nie, maar in diepte en omvang van onderrig en interne groei. In 1992, toe Volkskool begin het, het hulle onder die destydse Kaaplandse Onderwysdepartement geval. Vandag is dit die derde leerplan wat hulle volg, sê Anje. Die skool het 110 afstandonderrigleerders en 130 leerders wat daagliks die skool bywoon. Sy sê dat daar soms moeilike tye was, maar dat die vreugde van sukses dit oor en oor die moeite werd maak.

Deur: Orania Beweging Nuusbrief 18 Junie 2018


Lees verder…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Uitnodiging na inligtingsaand oor belegging in Gannabos-behuisingsprojek

Orania-ondersteuners in Gauteng word uitgenooi na ’n inligtingsgeleentheid oor die Gannabos-behuisingsprojek op Maandag 18 Junie om 18:00 by die kantoor van Solidariteit in Pretoria.

Die doel van die geleentheid is om aan voornemende beleggers te verduidelik hoe jy vir so min as R25 000 as belegger tot Orania se eiendomsmark kan toetree….
Lees verder…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

‘n Volk en sy grond

Op 19 Junie 2007 het ’n beraad in Orania plaasgevind met die tema: “Die grondvraag: langtermynkeuse vir die Afrikaner.” ’n Sinvolle publikasie onder redakteurskap van Prof. Carel Boshoff het kort na die beraad verskyn met ’n voorwoord en die teks van al sewe toesprake wat op dié dag gelewer is.

Prof. Boshoff lei die publikasie in met: “Die grondberaad op 19 Junie 2007 het plaasgevind teen die agtergrond van die grondhervorming, grondeise en swartbemagtiging wat in Suid-Afrika plaasvind. Gepaardgaande daarmee het die plaasmoorde wat ’n skrikbewind geword het, steeds toegeneem.”

Op die oogaf lyk hieride inleidende twee sinne soos iets wat gister of vandag oor gebeure vroeg in 2018 geskryf kon word. Die werklikheid is dat wat nou vir ons nuut lyk, omdat ons dit nou as dreigend ervaar, reeds vir jare met ons is. Reeds vir meer as twee dekades is die grondhervorming, grondeise, swartbemagtiging en plaasmaarde  waarvan Prof. Boshoff in 2007 geskryf he
Lees verder…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Arbeid adel – die vrug van selfwerksaamheid

“Arbeidsetiek is die DNA van Orania” hoor ek ons Dorpsbestuurder se stem by ‘n vergadering waar ons die praktyk van selfwerksaamheid in Orania bespreek.

Ek kyk by die venster uit. Hier op Orania gaan die dae verby – een mooier en meer vol poësie as die ander! Beleë en gekoester lê die omgewing soos ‘n natros en ‘die jaar word ryp in goue akkerblare, in wingerd wat verbruin, en witter lig wat daglank van die nuwe wind en klare son deurspoel word’, hoor ek Van Wyk Louw saampraat. Wat ‘n heerlike seisoen!

Om fluks en vlytig te wees, is ‘n deug waarvan die voordele dieper as veldiep lê, dieper as wat die oog kan sien. Daarom is dit een van die sewe deugde wat in die Christelike tradisie van geslag tot geslag oorgedra moet word. “Werk behoort liefde te wees wat gestalte gekry het”, skryf J van der Berg in Ook die Klein Dingetjies, “want diegene wat met liefde werk – al is die werk hoe nederig en gering – vind hul loon in die be
Lees verder…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Sweedse filmspan besoek Orania

‘n Sweedse filmspan, onder leiding van Jonas Nilsson is tans in Orania met ‘n opvolgverfilming van sy #Boerproject.

Hier gesels hy met die leerlinge van Volkskool Orania oor Swede se belangstelling in die huidige stand van sake in Suid-Afrika. Hy het, onder andere, onderhoude met Carel Boshoff, Dirk Hermann en Steve Hofmeyr verfilm. Volg gerus sy Youtube kanaal by Palaestra Media indien julle dit wil sien.

https://www.youtube.com/watch?v=mix0RGvf1aY&feature=youtu.be

 

Deur: Jislaaik – Nuusbrief van Orania


Lees verder…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Kontroversie rondom grondonteiening sonder vergoeding is vir Orania Burgerraardlede ernstige kwessie

Die afgelope naweek het die Orania Beweging se Burgerraadlede op Orania byeengekom vir ʼn spesiale Burgerraadsitting. Hierdie spesiale vergadering is gereël met die gebeure van 27 Februarie 2018 as vertrekpunt.

Die Orania Beweging beskou die huidige kontroversie rondom grondonteiening sonder vergoeding in ʼn baie ernstige lig en neem ook ons verantwoordelikheid as rolspeler in die debat daarrondom op. Carel Boshoff iv, president van die Orania Beweging het die vergadering geopen met sewe punte rondom die rol van die Orania Beweging binne breër Afrikanerverband. Dit het gestrek van skakeling (plaaslik en internasionaal) tot veiligheid en politieke uitdagings.

Mnr Flip Buys, uitvoerende voorsitter van Solidariteit het insette gelewer oor die Solidariteit Beweging se strategie in die huidige milieu. Jaco Kleynhans het as uitvoerende hoof van Orania Beweging, het op sy beurt weer die huidige internasionale skakel strategie vanuit Orania Beweging se kantore
Lees verder…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Orania Beweging vier sy 30ste bestaan jaar – 4 redes vir sukses

  1. ʼn Werkbare plan vir die tyd na magsverlies

Toe die Orania Beweging onder die naam Afrikaner-Vryheidstigting op 21 Maart 1988 deur prof. Carel Boshoff en ʼn klein groep medestryders in sy huis in Pretoria gestig is, is dit deur destydse waarnemers waarskynlik gesien as “net nog ʼn regse organisasie” in ʼn tyd waar die Broedertwis tussen die sogenaamde verligtes en verkramptes op sy hoogtepunt was. Dit was die tyd van die opgang van die KP en AWB op politieke terrein, die APK en BCVO op godsdiens- en onderwysgebied en Afrikaner-Volkswag en ander op die kultuurterrein. Die doel van die organisasies was om die noodlottige pad van die NP-regering na swart magsoorname te stuit.

Alhoewel die Afrikaner-Vryheidstigting deel van die “regse kraal” was, was die organisasie fundamenteel anders. Feitlik alle organisasies was gerig daarop om ʼn scenario van swart magsoorname, oftewel ʼn hervormingsproses wat daarop sou uitloop, te keer. Dat
Lees verder…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

ANC liberal – “The state of Orania is a desecration of values”

OPINION: Thembile Ndabeni – Negotiations result from the failure of the belligerent being defeated. The ANC made a lot of compromises during the negotiated settlement that led to liberation. Part of the compromise has rendered our victory weak. Mandela had asked blacks to throw their weapons to the sea. He was not asking the armed regime to do likewise.

Most of the victims of the ensuing violence then were supporters of the ANC. They were being massacred in Boipatong and elsewhere. The same Mandela asked Andrew Babeile to go to jail after stabbing a white learner.

Yet racist white learners did not do the same for attacking Lindelani Khanyile, damaging his eye. Those white learners, their parents and teachers never showed remorse and apologized.

Instead, the MEC of education in that province, apologized on behalf of the white learners, with no prospect of jail, expulsion or suspension for the perpetrators, as was the case with Babeile.
Lees verder…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Geleentheidsrede by die herdenkingsdinee van die Orania Beweging op sy dertigste verjaarsdag 21 Maart 2018

Vriende en kamerade – mede-Oraniërs, mede-Afrikaners en medestryders vir die vryheid van ons volk

Dit is ’n besondere geleentheid om by wyse van hierdie samekoms die gebeure van 30 jaar gelede, toe die Afrikaner-Vryheidstigting in die lewe geroep is, te herdenk. Terwyl dit 30 jaar gelede netso onmoontlik was om vooruit te sien presies waar ons vandag sou wees as wat dit vandag is om presies te weet waar ons oor nog 30 jaar sal wees, is dit vanaand wel moontlik om ons gedagtes oor die afgelope drie dekades te laat gaan en die onbekende uitdagings wat voorlê aan die hand daarvan tegemoet te gaan.

As die verlede ’n aanduiding is van wat in die toekoms verwag kan word – en daar is goeie rede om van dié veronderstelling uit te gaan – dan is die een eienskap waaroor ons moet beskik, avontuurlus (waarby inbegrepe verbeelding, want sonder ’n sterk verbeelding maak avontuurlus eintlik nie sin nie.

Sedert daardie herfsaand in Pretoria 30 jaar gelede…
Lees verder…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Verskeie instansies sluit aan by die TLU SA ten opsigte van die Grondberaad

Nadat TLU SA besluit het om ‘n sogenaamde grondberaad te boikot omdat mense buite die landbou wil besluit oor boere se grond, het verskeie instansies hulle daarby aangesluit.

Mnr. Louis Meintjes, president van TLU SA, het vroeër die week die Studiegroep vir Eietydse Geskiedenis……….
Lees verder…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Johan Pienaar se vertrapping van die ou landsvlag by Stellenbosch Woordfees

Dit is opvallend dat ene Johan Pienaar se (verwerplike) optrede by die Woordfees op Stellenbosch om die ou landsvlag (die Oranje Blanje Blou) op die sypaadjie te gooi sodat die publiek dit kan vertrap, saamloop met die Mandela Stigting se aansoek by die Gelykheidshof dat die vertoon van dié vlag as haatspraak verklaar word.
Lees verder…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Malema:- Ons is in oorlog met die wittes

“ Ons is in oorlog met die wittes wat ons grond gevat het en ons wil dit nou terug hê. Ons wil ons grond en ons wil ons rykdom terug hê; as julle in ons pad staan sal ons julle verpletter!” Aldus Malema in Pietermaritzburg 30 Mei 2016

Die AVP se antwoord op hierdie oorlogsverklaring in die lig van Ramaphosa se stelling in sy onlangse staatsrede, dat grond nou onteien sal word sonder vergoeding, is: As julle wil oorlog hê, sal julle oorlog kry!
Lees verder…

Enjoyed this post? Share it!