Vrystaatse regering spandeer R20 miljoen op Magashule afskeidspartytjie en dit is die kos wat hul kry

Voormalige ANC-LP, Vytjie Mentor, het dalk net ‘n ander Vrystaatse korrupsie-skandaal oopgevlek.  Natuurlik behels dit Ace Magashule.

Vytjie Mentor is ‘n voormalige ANC-LP wat soms soos ‘n fontein oorloop van partygeheime. Sy het net geen kraan  om toe te draai nie. Hierdie keer beweer Mentor dat die Vrystaatse regering miljoene spandeer op ‘n afskeidsparty vir voormalige premier Ace Magashule.
Lees verder…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

OKOSA hoof skuldig aan geldwassery en bedrog

Die voorsitter van die Onafhanklike Kommunikasie Owerheid van SA (OKOSA) is skuldig bevind aan bedrog van meer as R6 miljoen en aan geldwassery.

Rubben Mohlaloga is in Desember 2017 aangestel as OKOSA se voorsitter. Hy is aangestel ten spyte van die bewerings van bedrog teen hom en hy was die vorige hoof van die ANC Jeugliga en was ‘n ANC LP.
Lees verder…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

ANC LP vasgetrek vir veediefstal alhoewel sy rol in die geld en salaris van net oor R1 miljoen verdien

Mapule Veronica Mafolo is in die Schweizer-Reneke gebied gearresteer nadat sy en twee mans na bewering twee kalwers gesteel het wat hulle by ‘n veiling wou verkoop. Mafolo is ‘n ANC parlementslid vanuit die Wes-Transvaal en verdien ‘n redelike salaris van net oor die R1 miljoen per jaar. Daarvoor het sy slegs 21 van die […]
Lees verder…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

SAFA sokkerbaas in die sop oor verkragting – #metoo

Danny Jordaan, SAFA sokkerbaas, word daarvan beskuldig dat hy ‘n gewese ANC LP en sangeres 20 jaar gelede verkrag het. Jennifer Ferguson het op sosiale media die beskuldiging gemaak teen Jordaan. Intussen het ‘n tweede vrou Ferguson gekontak wat dieselfde verhaal te vertel het. Jordaan en die sportbase was nie beskikbaar vir kommentaar nie.
Lees verder…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Kul jou hier, kul jou daar – Zuma probeer tot sy geluk by Mentoor

Vytjie Mentoor, vorige LP van die ANC, het ‘n boek die lig laat sien waarin sy beweer dat Jacob Zuma by twee geleenthede sy “geluk” probeer het by haar. Die eerste geval was in die vroeë 1990’s en later weer in die middel 2000’s. Haar boek getiteld “No holy cows” het sopas die lig laat […]
Lees verder…

Enjoyed this post? Share it!