ANC het tot Vrydag tyd om R300 000 op te dok vir agterstallige regsfooie anders sal balju toeslaan op Luthulihuis

Skuld wat oploop en ‘n rekening wat agterstallig raak is klaarblyklik nie ‘n prioriteit in die nuwe Suid Afrika nie.

Die ANC het tot Vrydag tyd om R300 000 op te dok vir agterstallige regsfooie anders sal die balju toeslaan op die eiendom. Die regskostes is die resultaat van ‘n mislukte hofaansoek in die Johannesburgse hooggeregshof deur die ANC, toe daar aansoek gedoen is vir ‘n geheime wantroue mosie teen Herman Mashaba.
Lees verder…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Balju slaan toe by Vaal munisipaliteit

Amptenare van die Emfuleni-plaaslike munisipaliteit (Evaton, Sebokeng, Vaal Oewer, Vanderbijlpark, Vereeniging) moes verlede Donderdag hul werksaamhede summier stop toe die balju15 rekenaars en ‘n aantal kantoorstoele uit die kantore van die munisipale bestuurder en krediet-kantore verwyder het.

Hierdie aksie is sekerlik een van vele wat gaan volg omdat die Emfuleni-munisipaliteit nie hul diensverskaffers betaal nie. Hierdie mense is genoodsaak om hulle tot die hof te wend in ‘n poging om hul uitgawes te verhaal.
Lees verder…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Burgemeester van Bloem sit sonder ampsmotor na balju beslag daarop lê

Olly Mlamleli, burgemeester van die Mangaung-metro, se ampsmotor, ’n pikswart BMW X5 met registrasienommer FWG 393 FS, waarop die balju beslag gelê het. Dit het reg langs die parkeerplek van die speaker se motor in die parkeergarage onder die Bram Fischer- munisipale gebou geparkeer gestaan. 

Die balju het Donderdag beslag gelê op Olly Mlamleli, uitvoerende burgemeester van die Mangaung-metro, se luukse ampsmotor, twee platskerm-TV-stelle van haar kantoor en 100 kantoorstoele van die metro weens uitstaande skuld aan ’n kontrakteur.
Lees verder…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Gautengse LUR vir Gesondheid sonder meubels ná balju toeslaan

Dr. Gwen Ramokgopa, Gautengse LUR vir gesondheid, sit sonder meubels in haar kantoor nadat die balju dit verwyder het om die departement te dwing om R6,2 miljoen vir mediese nalatigheid te betbaal. Altesaam 400 lessenaars, 600 stoele, 400 rekenaars, 50 drukkers, 10 yskaste, 10 mikrogolfoonde, drie sitkamerstelle en 200 liasseerkabinette is Donderdag uit die kantoor […]
Lees verder…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Luthuli-Huis, hoofkantoor van die ANC in balju se visier oor skuld

Die balju kan moontlik Maandag by Luthuli-Huis, hoofkantoor van die ANC in die Johannesburgse middestad, opdaag met hofdokumente dat die gebou opgeveil moet word. Die hooggeregshof in Johannesburg het die balju opdrag gegee om die gebou op ’n veiling te verkoop omdat die party nie R25 miljoen opgedok het aan ’n maatskappy wat hom met […]
Lees verder…

Enjoyed this post? Share it!