Mislukte Pickvest-beleggingskema is die oorsaak dat Bejaardes katkos nou moet eet

Selfdood, sterftes weens mediese koste wat nie betaal kon word nie, bejaardes wat vir oorlewing kat- en hondekos eet, lewens wat geldelik verwoes is en honderde makelaars wat hul werk en reputasie verloor het.

Dít is van die ontstellende verhale van beleggers in die mislukte Pickvest-beleggingskema.

Die beleggersgroep Highveld Syndication Action Group (HSAG) het Woensdag ’n inligtingsessie met van sy lede (landwyd sowat 7 000) in Bloemfontein gehad.
Lees verder…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Bejaarde egpaar van Bela-Bela word nuutste slagoffers van plaasaanvalle

In die vroeë oggendure van Dinsdag is ’n bejaarde egpaar aangeval, aangerand en beroof op hul plaas buite Bela-Bela. Na bewering is die slagoffers die ouers van ’n vooraanstaande dokter op die dorp.

Nasionale operasionele koördineerder van AfriForum, Marius Müller het Woensdag aan Maroela Media gesê dat die egpaar wat in hul 70’s is, omstreeks 01:00 deur vier verdagtes op hul plaas noordwes van die dorp oorval is.
Lees verder…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Navorsing toon dat Suid Afrikaanse bejaardes aan wanvoeding ly

Navorsing deur die Universiteit Stellenbosch wys bejaardes in Suid-Afrika ly aan wanvoeding. ’n Kommervrye oudag is ongelukkig nie vir baie Suid-Afrikaners bo 60 beskore nie, het Maritha Marais, senior lektor in menslike voeding aan die fakulteit geneeskunde en gesondheidswetenskappe, bevind. Die navorsing is onder alle rassegroepe in stedelike en landelike gebiede gedoen. Die Wêreldgesondheidsorganisasie het […]
Lees verder…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Bejaarde egpaar van Bellville vasgebind en beroof ’n dag na ’n soortgelyke voorval in Boston

Nog Bellville-bejaardes is in die vroeë oggendure vasgebind en beroof. Volgens Lt Kol Fienie Nimb het die voorval Dinsdagoggend net ná 04:00 gebeur. Drie gewapende rowers het die bejaardes en hul 32-jarige dogter oorrompel en vasgebind. Volgens Nimb was die rowers met messe gewapen. Die rowers is met verskeie items in die egpaar se motor […]
Lees verder…

Enjoyed this post? Share it!