Arbeid adel – die vrug van selfwerksaamheid

“Arbeidsetiek is die DNA van Orania” hoor ek ons Dorpsbestuurder se stem by ‘n vergadering waar ons die praktyk van selfwerksaamheid in Orania bespreek.

Ek kyk by die venster uit. Hier op Orania gaan die dae verby – een mooier en meer vol poësie as die ander! Beleë en gekoester lê die omgewing soos ‘n natros en ‘die jaar word ryp in goue akkerblare, in wingerd wat verbruin, en witter lig wat daglank van die nuwe wind en klare son deurspoel word’, hoor ek Van Wyk Louw saampraat. Wat ‘n heerlike seisoen!

Om fluks en vlytig te wees, is ‘n deug waarvan die voordele dieper as veldiep lê, dieper as wat die oog kan sien. Daarom is dit een van die sewe deugde wat in die Christelike tradisie van geslag tot geslag oorgedra moet word. “Werk behoort liefde te wees wat gestalte gekry het”, skryf J van der Berg in Ook die Klein Dingetjies, “want diegene wat met liefde werk – al is die werk hoe nederig en gering – vind hul loon in die be
Lees verder…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Sweedse filmspan besoek Orania

‘n Sweedse filmspan, onder leiding van Jonas Nilsson is tans in Orania met ‘n opvolgverfilming van sy #Boerproject.

Hier gesels hy met die leerlinge van Volkskool Orania oor Swede se belangstelling in die huidige stand van sake in Suid-Afrika. Hy het, onder andere, onderhoude met Carel Boshoff, Dirk Hermann en Steve Hofmeyr verfilm. Volg gerus sy Youtube kanaal by Palaestra Media indien julle dit wil sien.

https://www.youtube.com/watch?v=mix0RGvf1aY&feature=youtu.be

 

Deur: Jislaaik – Nuusbrief van Orania


Lees verder…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Orania Beweging vier sy 30ste bestaan jaar – 4 redes vir sukses

  1. ʼn Werkbare plan vir die tyd na magsverlies

Toe die Orania Beweging onder die naam Afrikaner-Vryheidstigting op 21 Maart 1988 deur prof. Carel Boshoff en ʼn klein groep medestryders in sy huis in Pretoria gestig is, is dit deur destydse waarnemers waarskynlik gesien as “net nog ʼn regse organisasie” in ʼn tyd waar die Broedertwis tussen die sogenaamde verligtes en verkramptes op sy hoogtepunt was. Dit was die tyd van die opgang van die KP en AWB op politieke terrein, die APK en BCVO op godsdiens- en onderwysgebied en Afrikaner-Volkswag en ander op die kultuurterrein. Die doel van die organisasies was om die noodlottige pad van die NP-regering na swart magsoorname te stuit.

Alhoewel die Afrikaner-Vryheidstigting deel van die “regse kraal” was, was die organisasie fundamenteel anders. Feitlik alle organisasies was gerig daarop om ʼn scenario van swart magsoorname, oftewel ʼn hervormingsproses wat daarop sou uitloop, te keer. Dat
Lees verder…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

ANC liberal – “The state of Orania is a desecration of values”

OPINION: Thembile Ndabeni – Negotiations result from the failure of the belligerent being defeated. The ANC made a lot of compromises during the negotiated settlement that led to liberation. Part of the compromise has rendered our victory weak. Mandela had asked blacks to throw their weapons to the sea. He was not asking the armed regime to do likewise.

Most of the victims of the ensuing violence then were supporters of the ANC. They were being massacred in Boipatong and elsewhere. The same Mandela asked Andrew Babeile to go to jail after stabbing a white learner.

Yet racist white learners did not do the same for attacking Lindelani Khanyile, damaging his eye. Those white learners, their parents and teachers never showed remorse and apologized.

Instead, the MEC of education in that province, apologized on behalf of the white learners, with no prospect of jail, expulsion or suspension for the perpetrators, as was the case with Babeile.
Lees verder…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Geleentheidsrede by die herdenkingsdinee van die Orania Beweging op sy dertigste verjaarsdag 21 Maart 2018

Vriende en kamerade – mede-Oraniërs, mede-Afrikaners en medestryders vir die vryheid van ons volk

Dit is ’n besondere geleentheid om by wyse van hierdie samekoms die gebeure van 30 jaar gelede, toe die Afrikaner-Vryheidstigting in die lewe geroep is, te herdenk. Terwyl dit 30 jaar gelede netso onmoontlik was om vooruit te sien presies waar ons vandag sou wees as wat dit vandag is om presies te weet waar ons oor nog 30 jaar sal wees, is dit vanaand wel moontlik om ons gedagtes oor die afgelope drie dekades te laat gaan en die onbekende uitdagings wat voorlê aan die hand daarvan tegemoet te gaan.

As die verlede ’n aanduiding is van wat in die toekoms verwag kan word – en daar is goeie rede om van dié veronderstelling uit te gaan – dan is die een eienskap waaroor ons moet beskik, avontuurlus (waarby inbegrepe verbeelding, want sonder ’n sterk verbeelding maak avontuurlus eintlik nie sin nie.

Sedert daardie herfsaand in Pretoria 30 jaar gelede…
Lees verder…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Onteiening van grond sonder vergoeding – Wat hou dit in vir die Afrikaner en Orania?

Hierdie artikel het in die Maart-uitgawe van “Voorgrond” verskyn. Weens die groot belangstelling in die onderwerp word dit ook op die blog geplaas.

Na die onlangse mosie in die parlement oor onteiening sonder vergoeding is die kat behoorlik in die duiwehok. Uit die aard van die saak is die Orania Beweging bekommerd oor die implikasie van die grondwetsverandering oor so ‘n kardinale mensereg soos die reg op eiendom. Dit is een van die pilare van die Westerse samelewing en ook van enige geordende regstaat. Met ‘n heel ander uitgangspunt, naamlik die Afrika-denke van kollektiewe grondbesit wat deur die leier (in hierdie geval die staat) in trust gehou word en dan volgens behoefte toegeken word, net om weer weggeneem te kan word en wat nooit aan jou behoort nie, is dit seker nie vreemd nie dat ANC, EFF en ander swart-nasionalistiese partye so ‘n mosie steun.

Ons weet nog nie presies wat die verandering van artikel 25 van die Suid-Afrikaanse Grondwet, wat on
Lees verder…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Die week is dit weer die ou vlag wat geteiken word. Wat dink Orania daarvan?

Elke week word iets nuuts geteiken wat vir die Afrikaner kosbaar is. Taal, volkslied, monumente, onderwys, godsdiens, natuurlik nou veral grond, noem maar op. Dit is soos ʼn permanente aanslag met pyle uit alle rigtings.

Tans is dit weer die ou vlag wat geteiken word. Soos gewoonlik skep die regering die klimaat deur uitsprake dat die ou vlag onwettig verklaar moet word, en daarna tree “nuttige idiote”, ook uit Afrikanergeledere, op grondvlak op en vat die saak verder.

Een voorbeeld is ʼn beroepstudent in Stellenbosch, wat homself ʼn aktivis noem (ʼn mooi beskrywing vir iemand wat nog nooit ʼn ordentlike werk gedoen het nie) en “debat” wil ontketen deur mense aan te moedig om oor die ou vlag, met name daarop geskryf van Afrikaners wat volgens die “aktivis” met die ou Suid-Afrika verbind word, te loop as teken van afkeur. Die aksie is bedoel as provokasie, nes die verf en brand van standbeelde, en bring natuurlik dadelik die vraag na vore hoe
Lees verder…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Ramaphosa sal eerder ‘n dief en ‘n moordenaar beloon!!

Sedert Sondag het die ANC onder leiding van Cyril Ramaphosa en sy Adjunk President dit baie duidelik gemaak dat hulle Julius Malema wil terug hê by die ANC.

Dit bevestig dat Ramaphosa eerder ‘n dief en ‘n aanhitster tot Volksmoord langs sy sy wil hê as om die eiendom van blankes te respekteer.
Lees verder…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

The Orania Movement Overseas will celebrate its 30th anniversary in Rotterdam

The Orania Movement will celebrate its 30th anniversary on 21 March 2018. On the 21st of March 1988 the organisation was launched at a small meeting in Pretoria. Today the Orania Movement has thousands of supporters across South Africa and more than 40 countries abroad.

Our support in other parts of the world, especially Europe, is very important for us. Thus we strive to get supporters to more often liaise with each other and to get together to talk about ways in which the Orania community can be better promoted.

The Orania Europe initiative, organised by friends of Orania in several European countries, are having a get together on 24 March 2018 at 14:00 in Rotterdam at Bar Brasserie-Engels.

Anyone interested in attending the event must please let us know in advance. Send an e-mail to melissa@orania.co.za.


Lees verder…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Afrikanerkonsentrasie moet antwoord op grondpolitiek wees – Orania Beweging

Die Orania Beweging het, in reaksie op die aanvaarding van die EFF se mosie oor grondonteiening vroeër hierdie week in die parlement, gesê dat Afrikaners geen ander keuse het as om die noodsaak van konsentrasie te besef nie. Afrikaners as ’n minderheid wat baie grond regoor Suid-Afrika besit, is duidelik in die visier van die eskalerende grondpolitiek in ons land.

Ons boodskap aan Afrikaners is dat dit oor die langtermyn nie volhoubaar sal wees om as ’n klein en ylverspreide minderheid grond en die belange wat daarmee saamgaan regoor Suid-Afrika te probeer beskerm nie. Ons moet ’n ernstige strategie van konsentrasie implementeer met meerderheidsbesetting van ’n deel van Suid-Afrika as die eerste prioriteit.

Populistiese grondpolitiek is besig om as ’n wesenlike risiko vir Suid-Afrika te ontwikkel. Die idee dat toegang tot grond die oplossing vir mense se armoede en werkloosheid kan wees, is verregaande. Grond is min werd sonder kapitale span
Lees verder…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

DA se dubbelslagtige rassisme – “slegs blankes behoort belasting te betaal”

Teen alle gesonde verstand en intelligente ekonomiese beleid in, het die DA leierskap ʼn petisie teen die BTW-verhoging van stapel gestuur.

Nie net berus hul argument op populistiese oorwegings, eerder as gesonde beleid nie, maar deur die veldtog te loods in ʼn swart woonbuurt van Pretoria, berug vir wanbetaling en onrus, stuur die veldtog ongelukkig ʼn onrusbarend rassistiese boodskap: “slegs blankes behoort belasting te betaal”
Lees verder…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Dit is absurd! – BLF verwelkom brand op Rupert familieplaas

GEPLAAS OP 7 FEBRUARIE 2018 DEUR BLACK FIRST LAND FIRST ORGANISASIE – Ons is opgewonde oor die feit dat ’n brand in sommige dele van ’n plaas, wat onwettig beset word deur die Rupert familie, uitgebreek het. Black First Land First glo dat die vuur die vergelding van ons swart God is. Die vuur is gereg en geregtigheid en verwelkom.

In Mei 2017 het BLF die blankes tot en met Desember daardie jaar kans gegee om as blankes te ontmoet en besluit om ons land terug te keer. Maar soos die koppige en arrogante farao’s van die Bybel, het die blankes gereageer met ’n gelag. Ons het aan ons swart gode gebid om ons krag, eenheid te gee en diegene wat ons land gesteel het, te straf. Ons het gebid vir droogte en ons het gebid vir die vuur op die diewe.
Lees verder…

Enjoyed this post? Share it!