Jarelange gebrek aan misdaadintelligensie en populistiese uitsprake deur ANC- en EFF-politici skep die klimaat vir burgerlike ongehoorsaamheid

Die Gautengse regering het reeds sy inwoners gefaal terwyl die plaasmoord-tog in die provinsie voortduur met twee bejaarde egpare wat Sondag in afsonderlike voorvalle op hul plase vermoor is.

‘n Bejaarde egpaar is Sondag op hul plaas in die Orange Farm-gebied in die Vaaldriehoek vermoor en met steekwonde in hul huis aangetref terwyl die 78 jarige Fanie en 74 jarige Colleen Engelbrecht van die plaas Welgevonden naby Westonaria onderskeidelik keelaf gesny en met ‘n strykysterkoord verwurg is. In beide gevalle het die terroriste onder meer vuurwapens, kontant en huisraad gebuit.
Lees verder…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Nog bedrog, die keer by Esidimeni ontbloot

Uit getuienis wat in die Esidimeni-arbitrasieverhoor verhoor gelewer is, blyk dit dat nie net growwe nalatigheid nie, maar ook bedrog ʼn groot rol in die tragedie gespeel het. Uit die getuienis en ondervraging van Gauteng se LUR van finansies, Barbara Creecy, het dit aan die lig gekom dat die departement van gesondheid gedurende die 2016/17-finansiële […]
Lees verder…

Enjoyed this post? Share it!