Guptas en lakeie se kierangs begin braai

Die Valke het ’n lasbrief bekom vir die inhegtenisneming van ­Mosebenzi Zwane, minister van minerale bronne. Bronne in die Valke, die polisie en ander wetstoepassingsafdelings het aan City Press bevestig Zwane kan binnekort in boeie wees. Zwane was die Vrystaatse LUR vir landbou toe die berugte Vrede-suiwelprojek begin is. Rapport het verlede week berig die […]
Lees verder…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Bate Beslagleggings Eenheid gaan beslag lê op Gupta bates

Die Openbare Vervolgingsgesag het beslagleggingsbevele onderteken waarvolgens die Bate Beslagleggings Eenheid vandag op van die bates van die berugte Indiese familie beslag gaan lê. Bates ter waarde van R1,6 miljard word hierdeur geraak. Die eenheid het in drie hof aansoeke gevra vir die bevele en ‘n kurator sal aangestel word om toesig te hou oor […]
Lees verder…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Eskom: Skokgetuienis oor Zuma, Myeni en Gupta-broer se inmenging

Zola Tsotsi, voormalige voorsitter van Eskom se raad, het Woensdag vir pres. Jacob Zuma en Dudu Myeni, voormalige voorsitter van SAL, die staatsbeheerde lugdiens, geïmpliseer in inmenging by Eskom. Tsotsi het voor die parlementere ondersoekkomitee getuig oor aantygings van staatskaping by Eskom. Tsotsi het gesê ná die aanstelling van nuwe raadslede in 2015 het daar […]
Lees verder…

Enjoyed this post? Share it!