Guptas se straler word deur belastingbetalers onderhou

Terwyl die gevegte om die Gupta-familie se bates in verskillende howe in die land voortwoed, kos dit die belastingbetaler reeds ’n geraamde R200 000 per maand om die Guptas se gekonfiskeerde straalvliegtuig in stand te hou.

Die luukse vliegtuig, wat verlede maand na Suid-Afrika gebring is, staan in ’n loods by ExecuJet op die Lanseria-lughawe. Dit moet maandeliks onderhou word sodat dit diensbaar bly. Boonop moet daar versekering wees vir enige gebeurlikheid terwyl die vliegtuig onbepaald daar geberg word.
Lees verder…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Dubai-rykes word gesubsidieer deur armes van Suid-Afrika

Die geld wat die omstrede maatskappy Mediosa gemaak het uit armes van Noordwes en die Vrystaat, was bestem om ’n Gupta-hospitaal van ’n miljard rand vir die rykes van Dubai te bou.

Dit blyk uit dokumente in City Press se besit dat R650 van elke betaling per pasiënt wat Mediosa uit lonende kontrakte met dié twee provinsies verdien het, gebruik sou word om die Gupta-familie se Dubai Health City te bou.
Lees verder…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Klopjag by Gupta-huis ‘wys Zuma wie is baas’

Die Valke se dramatiese klopjag by die Gupta-familie se woonkompleks in Saxonwold, Johannesburg, is ’n duidelike magsvertoon aan pres. Jacob Zuma dat hy polities nie meer in beheer van Suid-Afrika óf staatsinstellings is nie.

Prof. Erwin Schwella, politieke ontleder aan die Universiteit Stellenbosch, het Woensdagoggend so gesê ná die klopjag die oggend vroeg by onder meer die Gupta-woonkompleks.
Lees verder…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Top kandidate vir verkiesings konferensie deur Gupta familie gekies

Volgens Bheki Cele, adjunkminister van Landbou, Bosbou en Vissery en ook lid van die ANC se Nasionale Uitvoerende Komitee, is hy baie ongemaklik met die top kandidate wat genomineer is vir die komende verkiesings konferensie aangesien die klomp, Dlamini-Zuma ingesluit, gekies is deur die Gupta familie. Cele is ‘n uitgesproke aanhanger van Ramaphosa. Dit is […]
Lees verder…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Britse banke teen ‘Zumas en Guptas’ gewaarsku

Peter Hain, ʼn lid van die House of Lords in die Verenigde Koninkryk, het Woensdag versoek dat daar dringend ondersoek ingestel word na die bankrekeninge in Londen wat deur Suid-Afrikaanse staatsinstansies gehou word. Hain, ʼn Suid-Afrikaans gebore anti-apartheidsaktivis, het in sy toespraak by die House of Lords verwys na bewyse wat voor die Suid-Afrikaanse parlement […]
Lees verder…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Bewerings dat minister van finansies Nasionale Tesourie kaap

Bewerings in die media dat die minister van finansies, Malusi Gigaba, besig is om Nasionale Tesourie (NT) te kaap deur ʼn parallelle administrasie in sy eie kantoor te skep, is baie ernstig, en die VF Plus heg nie veel waarde aan die minister se ontkenning daarvan nie, sê adv. Anton Alberts, voorsitter van die VF […]
Lees verder…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Zuma jr. ontvang massiewe meevaller met verkoop van die Gupta-familie se maatskappy Tegeta Exploration and Resources

Die verkoop van die Gupta-familie se maatskappy Tegeta Exploration and Resources kan pres. Jacob Zuma se seun Duduzane moontlik R846 miljoen in die sak bring. Moneyweb berig dat dié skatting gegrond is op die aanname dat Duduzane se Mabengela Investments steeds ‘n 28,5%-belang in Tegeta het. Die aankondiging oor die transaksie het Woensdag groot rimpelings […]
Lees verder…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Gupta’s se ANN7 en New Age Maatskappy word vir R300 miljoen verkoop aan Jimmy Manyi

Die omstrede Gupta-familie het hul belange in ANN7 en New Age aan ’n maatskappy verkoop wat deur Mzwanele (Jimmy) Manyi besit word. Die Guptas se Oakbay Investments sê in ’n verklaring Manyi se Lodidox het ANN7 (Infinity Media) vir R300 miljoen gekoop en The New Age (TNA Media) vir R150 miljoen. Die ooreenkoms gaan na […]
Lees verder…

Enjoyed this post? Share it!