Halfmiljoen se ivoor in Johannesburg gevind

Die polisie se honde-eenhede in Benoni en die Wes-Rand het Woensdag in samewerking met die departement van natuurbewaring op sowat ’n halfmiljoen rand se ivoor in Johannesburg beslag gelê. Die wetstoepassingsagentskappe het omstreeks 12:00 ’n klopjag op ’n huis in Malvern, Johannesburg, uitgevoer nadat hulle inligting ontvang het. Hulle het ’n 57-jarige Zimbabwiese burger in […]
Continue reading…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Twee goed by die ANC se nasionale konferensie wat vinnig beweeg – kos en kondome

Daar was Saterdagoggend net twee goed by die ANC se nasionale konferensie wat vinnig beweeg – Kos en kondome. Dit hou seker verband met die wag-en-sien-situasie by die Nasrec Expo-sentrum in Johannesburg waar die ANC se nasionale konferensie Saterdag teen middagete nog nie begin het nie. Die verrigtinge was veronderstel om 09:00 amptelik af te […]
Continue reading…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Bekende spreker se man koelbloedig vermoor tydens huisbraak

Die bekende skrywer en motiveringspreker Nikki Bush se eggenoot, Simon is tydens ’n huisbraak doodgeskiet vir twee loopfone, twee horlosies en twee skootrekenaars. Simon Bush het Saterdag in die vroeë oggend uur sy lewe verloor nadat booswigte hom vermoor het tydens  ’n huisrooftog in Douglasdale in die noorde van Johannesburg. Die nuus is op sosiale media […]
Continue reading…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Swart gemeenskap van Diepsloot vertrou nie polisie – neem reg in eie hande

Selfs bepaalde swart gemeenskappe het skynbaar hulle vertroue in die polisie se vermoë om misdaad uit te roei, verloor. Inwoners van Diepsloot naby Johannesburg, het sommer self met ‘n aantal misdadigers afgereken. Ses mans wat deur die gemeenskap beskuldig is dat hulle deel is van ‘n groep misdadigers wat die gebied terroriseer, en in besit […]
Continue reading…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Kerkgangers oorrompelid van die Johannesburgse metropolisie en vat wapen

Een persoon is in hegtenis geneem nadat ’n groep kerkgangers ’n lid van die Johannesburgse metropolisie oorval, aangerand en sy wapen by hom afgeneem het. Die voorval het Sondagmiddag plaasgevind, sê Wayne Minnaar, woordvoerder van die Johannesburg-metropolisie. Volgens Minnaar het die polisiebeampte en sy kollega ’n motor weggesleep wat onwettig geparkeer was. Die motor behoort […]
Continue reading…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Wat is die veiligste stede in die wêreld, bestaan daar nog so iets

In ‘n studie oor watter stede die veiligste is in die wêreld het Johannesburg die 50ste plek behaal en is die derde swakste stad in vergelyking met Midde-Oosterse en Afrika stede. Selfs stede soos Mexico, Chicago en Kuala Lumpur het beter gevaar as Johannesburg. Tokio het weer eens die eerste plek behou met Singapoer en […]
Continue reading…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Wits student glo aangehits om na haar dood te spring

Die hutsmerk #BraamSuicide was Sondag een van die mees bespreekte onderwerpe op Twitter nadat ’n student van die Universiteit van die Witwatersrand (Wits) Saterdagaand uit die sesde verdieping van ’n gebou in Braamfontein, Johannesburg, na haar dood gespring uit. ’n Medestudent beweer ook op Facebook dat omstanders haar glo aangemoedig het om van die balkon […]
Continue reading…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Suid-Afrikaanse Weerdiens bevestig die storm wat verwoesting saai was tornado

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) het bevestig die storm wat groot dele van Johannesburg, Krugersdorp en Mpumalanga Maandag getref het was inderdaad ’n tornado. “Ons het foto’s en berigte ontvang van ’n tregterwolk wat vanuit die stormstelsel ontstaan het. Dié wolk het aan die grond geraak met sterk wind, dus word dit as ’n tornado geklassifiseer,” […]
Continue reading…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Boetebessie swaar gestraf oor R100 omkoopgeld – Dit is reg so, kry vir julle!

ʼn 41-jarige beampte van die Johannesburgse metropolisie is swaar gestraf nadat sy R100 omkoopgeld aanvaar het. Die beampte, Nkgoape Lydia Matsapola, is Donderdag in die Roodepoort-landdroshof tot drie jaar tronkstraf gevonnis of beveel om ʼn boete van R5 000 te betaal nadat sy skuldig bevind is aan bedrog. Sy is ook ʼn vyf jaar opgeskorte […]
Continue reading…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Johannesburg is ‘n gemors en word skoon gemaak met skorssings, arrestasies en uitsettings

Elf beamptes van die Stad Johannesburg is geskors nadat hul meer as R2,5 miljoen verduister het. Hulle sal nou teregstaan op klagtes van bedrog, diefstal en korrupsie. Intussen is die burgemeester, Herman Mashaba, steeds besig met die skoonmaakaksie van gekaapte geboue wat onwettig beset word deur mense wat onregmatig daar ingetrek het. Vrydag is 29 […]
Continue reading…

Enjoyed this post? Share it!