Openbaar grondoudit nou, vra leier van VF Plus

Die gesloer van die departement van landelike ontwikkeling en grondhervorming om die jongste grondouditverslag van die regering openbaar te maak, is ʼn slenter om sekere feite van die publiek te weerhou in ʼn poging om die land oor die aangeleentheid te mislei, sê dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus.

Volgens dr. Groenewald dui uitgelekte inligting van die verslag in die media op ʼn hele aantal ernstige feitefoute.
Continue reading…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

‘One bullet, one Boerekind’ – haatklag ingedien

Die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie (SAOU) het ’n klag van haatspraak en rassisme by die Menseregtekommissie (MRK) ingedien ná ’n Facebook-inskrywing wat lui: “Please Zuma give us the guns to defend our democracy ‘one bullet, een Boere kind’.” Luidens die SAOU se verklaring is die inskrywing gemaak deur een van die mense wat aan die betogings by […]
Continue reading…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

EFF en ANC staan saam teen Hoërskool Overvaal in Vereeniging

Die gebrek aan wesenlike verskil tussen die EF en die ANC het duidelik geblyk uit hulle gesamentlike gewelddadige betoging voor die Hoërskool Overvaal in Vereeniging. Hulle het gister voor die skool betoog nadat die hof die skool gelyk gegee het dat hy vol is en dus nie geding kan word om Engelstalige leerlinge toe te […]
Continue reading…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

VF Plus: Burgemeesters moet persoonlik opdok

Die tyd het aangebreek dat burgemeesters en munisipale bestuurders se salarisse opgeskort word by munisipaliteite waar water en ander dienste gesny word weens die nie-betaling daarvan, sê dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus. Dr. Groenewald sê dit is totaal onbillik teenoor inwoners wat gereeld vir hul water en dienste betaal, om gestraf te […]
Continue reading…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

ANC-oorheersde parlement faal mense van Suid-Afrika oor staatskaping

Die parlement van Suid-Afrika moet die land se burgers beskerm teen vergrype soos staatskaping. Hierin het die huidige ANC-oorheersde parlement die publiek van die land gefaal, sê dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus. Dr. Groenewald het vandag met die parlementêre debat oor staatskaping en die regering se verantwoordbaarheid gesê een van die steunpilare […]
Continue reading…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Belastingbetalers hoes vir Dlamini-Zuma se veiligheid

Die VF Plus het bekend gemaak dit het belastingbetalers sedert November verlede jaar al byna R800 000 gekos om dr. Nkosazana Dlamini-Zuma se bloulig-brigade en veiligheid te finansier in haar veldtog om president van die ANC en moontlik ook van Suid-Afrika te word. Dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus, het gesê dié inligting […]
Continue reading…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Verdere vuurwapen-amnestietyd vir SAPD hoogs onwaarskynlik

Dit blyk dat die Suid-Afrikaanse Polisiediens nie sommer maklik nóg ’n amnestieperiode vir die inhandiging van vuurwapens gaan kry nie. Die rede is omdat hy nie antwoorde kon verskaf of sommige van die wapens wat tydens die vorige amnestietydperk ingedien is, met enige misdade verbind kon word nie. Komiteelede van die Parlement se portefeuljekomitee vir […]
Continue reading…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

VF Plus leier konfronteer Zuma met die harde werklikheid van die wreedheid van plaasaanvalle en -moorde

President Jacob Zuma is omring van lyfwagte en is daarom nie bewus van die ware omvang van misdaad in Suid-Afrika nie. Dit is die rede waarom hy die president vandag gekonfronteer het met die harde werklikheid van die wreedheid van plaasaanvalle en -moorde, sê dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus. Dr. Groenewald het […]
Continue reading…

Enjoyed this post? Share it!