Departement van Water in chaos – Eintlik is die hele SA in chaos gedompel

Die nuut aangestelde minister van Water en Sanitasie, Gugile Nkwinti, het erken dat die departement in ‘n gemors is.

Die parlement se portefeuljekomitee van water en sanitasie het die departement beskryf as ‘n “ineengestorte” departement.
Lees verder…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

SA Damme in hande van privaat eienaars dalk onteien

Die regering gaan dit dalk oorweeg om private damme in Suid-Afrika te onteien.

Dit omdat water ’n nasionale bate is wat nodig is om ongelykhede, armoede en werkloosheid uit te skakel en nie ’n duur gebruikersitem moet wees nie, het Nomvula Mokonyane, minister van water en sanitasie, Donderdag op ’n mediakonferensie by die parlement gesê.

Mokonyane het gesê daar is tans 5 125 geregistreerde damme in Suid-Afrika.

Hiervan word sowat 700 deur staatsdepartemente en munisipaliteite beheer, terwyl sowat 4 000 onder die beheer van die landbousektor en 330 onder die beheer van die mynbousektor en nywerhede is.
Lees verder…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Nie net Landbou is nou ‘n teiken vir onteiening nie, daar is ‘n krisus aan die broei

Die minister van water en sanitasie, wat vir maande doodstil was oor die Kaapse waterkrisis, het skielik na die voorgrond getree en dreig nou om private damme te nasionaliseer, om sogenaamd armoede en gelykheid aan te spreek.

Slegs enkele van die land se damme is in staatsbesit, maar ‘n groot aantal geregistreerde damme behoort aan veral boere, wat die damme gebou het ter wille van landbou en voedsel vir die bevolking. Dit is daardie damme wat nou in die minister se visier is.
Lees verder…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Bankrot ANC munisipaliteite weer opgeskroef

Die minister van water en sanitasie, Nomvula Mokonyane, het aangedui dat dertig munisipaliteite versuim het om hul agterstallige waterrekeninge te betaal. Diesulkes is tyd gegee tot 8 Desember om hul deel van meer as R10,7 miljard aan agterstallige gelde te vereffen. Meer as R7 miljard rand se skuld dateer langer 120 dae terug. Stadsrade is […]
Lees verder…

Enjoyed this post? Share it!