Jarelange gebrek aan misdaadintelligensie en populistiese uitsprake deur ANC- en EFF-politici skep die klimaat vir burgerlike ongehoorsaamheid

Die Gautengse regering het reeds sy inwoners gefaal terwyl die plaasmoord-tog in die provinsie voortduur met twee bejaarde egpare wat Sondag in afsonderlike voorvalle op hul plase vermoor is.

‘n Bejaarde egpaar is Sondag op hul plaas in die Orange Farm-gebied in die Vaaldriehoek vermoor en met steekwonde in hul huis aangetref terwyl die 78 jarige Fanie en 74 jarige Colleen Engelbrecht van die plaas Welgevonden naby Westonaria onderskeidelik keelaf gesny en met ‘n strykysterkoord verwurg is. In beide gevalle het die terroriste onder meer vuurwapens, kontant en huisraad gebuit.
Lees verder…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Dis nie iets nuuts nie, die Polisie kan net nie hulle werk doen nie

Die VF Plus doen ʼn beroep op die gemeenskap van Muldersdrift om proaktief by misdaadvoorkomingsaksies in hul omgewing betrokke te raak. Dit volg nadat ʼn 15 jarige meisie Dinsdagnag verskeie kere in haar ouerhuis op hul plaas geskiet is. Jaco Mulder, VF Plus-leier vir Gauteng, sê dat die Muldersdrift-gemeenskap al vir etlike jare geteister word […]
Lees verder…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Mbalula en sy eie “bende”

‘n Foto het die lig gesien met minister Fikile Mbalula en ‘n groep mans wat na bewering misdaad intelligensie operateurs is wat vir Mbalula werk. Volgens bronne binne die intelligensienetwerk reis die ses persone oral saam met die minister en uit die aard van sy posisie behoort hy nie so ‘n noue verbintenis te hê […]
Lees verder…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Nuutste misdaad statistieke – Plaasmoorde styg onrusbarend

Volgens TLU SA se statistiek, steek 2017 sleg af in vergelyking met die situasie dieselfde tyd verlede jaar. In 2016 is 295 aanvalle en 52 moorde geregistreer terwyl die ooreenstemmende periode vanjaar ‘n styging na onderskeidelik 347 en 65 aantoon. “Die situasie op Suid-Afrikaanse plase en landbouhoewes neem ernstige krisisafmetings aan en dit is duidelik […]
Lees verder…

Enjoyed this post? Share it!