Arbeid adel – die vrug van selfwerksaamheid

“Arbeidsetiek is die DNA van Orania” hoor ek ons Dorpsbestuurder se stem by ‘n vergadering waar ons die praktyk van selfwerksaamheid in Orania bespreek.

Ek kyk by die venster uit. Hier op Orania gaan die dae verby – een mooier en meer vol poësie as die ander! Beleë en gekoester lê die omgewing soos ‘n natros en ‘die jaar word ryp in goue akkerblare, in wingerd wat verbruin, en witter lig wat daglank van die nuwe wind en klare son deurspoel word’, hoor ek Van Wyk Louw saampraat. Wat ‘n heerlike seisoen!

Om fluks en vlytig te wees, is ‘n deug waarvan die voordele dieper as veldiep lê, dieper as wat die oog kan sien. Daarom is dit een van die sewe deugde wat in die Christelike tradisie van geslag tot geslag oorgedra moet word. “Werk behoort liefde te wees wat gestalte gekry het”, skryf J van der Berg in Ook die Klein Dingetjies, “want diegene wat met liefde werk – al is die werk hoe nederig en gering – vind hul loon in die be
Lees verder…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Sweedse filmspan besoek Orania

‘n Sweedse filmspan, onder leiding van Jonas Nilsson is tans in Orania met ‘n opvolgverfilming van sy #Boerproject.

Hier gesels hy met die leerlinge van Volkskool Orania oor Swede se belangstelling in die huidige stand van sake in Suid-Afrika. Hy het, onder andere, onderhoude met Carel Boshoff, Dirk Hermann en Steve Hofmeyr verfilm. Volg gerus sy Youtube kanaal by Palaestra Media indien julle dit wil sien.

https://www.youtube.com/watch?v=mix0RGvf1aY&feature=youtu.be

 

Deur: Jislaaik – Nuusbrief van Orania


Lees verder…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Dr Verwoerd se stanbeeld kry ereplek op Orania

Die standbeeld van dr Verwoerd wat in die HF Verwoerd-gebou in die Parlement in Kaapstad gestaan het, het onlangs ‘n ereplek op Orania gekry, naamlik in die Orania Beweging se oopplan-kantoorruimte.

Die beeld weeg meer as ‘n ton en is met ‘n vurkhyser op sy plek staangemaak.
Die oopplan-kantoorruimte word die Oorlogskamer genoem en is ‘n konsep wat as ‘n projekbestuurmeganisme ontstaan het, waar ‘n span in een oop vertrek saamwerk aan ‘n oorhoofse groot projek – in hierdie geval om Afrikanerselfbeskikking in die Noordwes-Kaap te verwesenlik.


Lees verder…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Kontroversie rondom grondonteiening sonder vergoeding is vir Orania Burgerraardlede ernstige kwessie

Die afgelope naweek het die Orania Beweging se Burgerraadlede op Orania byeengekom vir ʼn spesiale Burgerraadsitting. Hierdie spesiale vergadering is gereël met die gebeure van 27 Februarie 2018 as vertrekpunt.

Die Orania Beweging beskou die huidige kontroversie rondom grondonteiening sonder vergoeding in ʼn baie ernstige lig en neem ook ons verantwoordelikheid as rolspeler in die debat daarrondom op. Carel Boshoff iv, president van die Orania Beweging het die vergadering geopen met sewe punte rondom die rol van die Orania Beweging binne breër Afrikanerverband. Dit het gestrek van skakeling (plaaslik en internasionaal) tot veiligheid en politieke uitdagings.

Mnr Flip Buys, uitvoerende voorsitter van Solidariteit het insette gelewer oor die Solidariteit Beweging se strategie in die huidige milieu. Jaco Kleynhans het as uitvoerende hoof van Orania Beweging, het op sy beurt weer die huidige internasionale skakel strategie vanuit Orania Beweging se kantore
Lees verder…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Orania Beweging vier sy 30ste bestaan jaar – 4 redes vir sukses

  1. ʼn Werkbare plan vir die tyd na magsverlies

Toe die Orania Beweging onder die naam Afrikaner-Vryheidstigting op 21 Maart 1988 deur prof. Carel Boshoff en ʼn klein groep medestryders in sy huis in Pretoria gestig is, is dit deur destydse waarnemers waarskynlik gesien as “net nog ʼn regse organisasie” in ʼn tyd waar die Broedertwis tussen die sogenaamde verligtes en verkramptes op sy hoogtepunt was. Dit was die tyd van die opgang van die KP en AWB op politieke terrein, die APK en BCVO op godsdiens- en onderwysgebied en Afrikaner-Volkswag en ander op die kultuurterrein. Die doel van die organisasies was om die noodlottige pad van die NP-regering na swart magsoorname te stuit.

Alhoewel die Afrikaner-Vryheidstigting deel van die “regse kraal” was, was die organisasie fundamenteel anders. Feitlik alle organisasies was gerig daarop om ʼn scenario van swart magsoorname, oftewel ʼn hervormingsproses wat daarop sou uitloop, te keer. Dat
Lees verder…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

ANC liberal – “The state of Orania is a desecration of values”

OPINION: Thembile Ndabeni – Negotiations result from the failure of the belligerent being defeated. The ANC made a lot of compromises during the negotiated settlement that led to liberation. Part of the compromise has rendered our victory weak. Mandela had asked blacks to throw their weapons to the sea. He was not asking the armed regime to do likewise.

Most of the victims of the ensuing violence then were supporters of the ANC. They were being massacred in Boipatong and elsewhere. The same Mandela asked Andrew Babeile to go to jail after stabbing a white learner.

Yet racist white learners did not do the same for attacking Lindelani Khanyile, damaging his eye. Those white learners, their parents and teachers never showed remorse and apologized.

Instead, the MEC of education in that province, apologized on behalf of the white learners, with no prospect of jail, expulsion or suspension for the perpetrators, as was the case with Babeile.
Lees verder…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Geleentheidsrede by die herdenkingsdinee van die Orania Beweging op sy dertigste verjaarsdag 21 Maart 2018

Vriende en kamerade – mede-Oraniërs, mede-Afrikaners en medestryders vir die vryheid van ons volk

Dit is ’n besondere geleentheid om by wyse van hierdie samekoms die gebeure van 30 jaar gelede, toe die Afrikaner-Vryheidstigting in die lewe geroep is, te herdenk. Terwyl dit 30 jaar gelede netso onmoontlik was om vooruit te sien presies waar ons vandag sou wees as wat dit vandag is om presies te weet waar ons oor nog 30 jaar sal wees, is dit vanaand wel moontlik om ons gedagtes oor die afgelope drie dekades te laat gaan en die onbekende uitdagings wat voorlê aan die hand daarvan tegemoet te gaan.

As die verlede ’n aanduiding is van wat in die toekoms verwag kan word – en daar is goeie rede om van dié veronderstelling uit te gaan – dan is die een eienskap waaroor ons moet beskik, avontuurlus (waarby inbegrepe verbeelding, want sonder ’n sterk verbeelding maak avontuurlus eintlik nie sin nie.

Sedert daardie herfsaand in Pretoria 30 jaar gelede…
Lees verder…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Onteiening van grond sonder vergoeding – Wat hou dit in vir die Afrikaner en Orania?

Hierdie artikel het in die Maart-uitgawe van “Voorgrond” verskyn. Weens die groot belangstelling in die onderwerp word dit ook op die blog geplaas.

Na die onlangse mosie in die parlement oor onteiening sonder vergoeding is die kat behoorlik in die duiwehok. Uit die aard van die saak is die Orania Beweging bekommerd oor die implikasie van die grondwetsverandering oor so ‘n kardinale mensereg soos die reg op eiendom. Dit is een van die pilare van die Westerse samelewing en ook van enige geordende regstaat. Met ‘n heel ander uitgangspunt, naamlik die Afrika-denke van kollektiewe grondbesit wat deur die leier (in hierdie geval die staat) in trust gehou word en dan volgens behoefte toegeken word, net om weer weggeneem te kan word en wat nooit aan jou behoort nie, is dit seker nie vreemd nie dat ANC, EFF en ander swart-nasionalistiese partye so ‘n mosie steun.

Ons weet nog nie presies wat die verandering van artikel 25 van die Suid-Afrikaanse Grondwet, wat on
Lees verder…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Die week is dit weer die ou vlag wat geteiken word. Wat dink Orania daarvan?

Elke week word iets nuuts geteiken wat vir die Afrikaner kosbaar is. Taal, volkslied, monumente, onderwys, godsdiens, natuurlik nou veral grond, noem maar op. Dit is soos ʼn permanente aanslag met pyle uit alle rigtings.

Tans is dit weer die ou vlag wat geteiken word. Soos gewoonlik skep die regering die klimaat deur uitsprake dat die ou vlag onwettig verklaar moet word, en daarna tree “nuttige idiote”, ook uit Afrikanergeledere, op grondvlak op en vat die saak verder.

Een voorbeeld is ʼn beroepstudent in Stellenbosch, wat homself ʼn aktivis noem (ʼn mooi beskrywing vir iemand wat nog nooit ʼn ordentlike werk gedoen het nie) en “debat” wil ontketen deur mense aan te moedig om oor die ou vlag, met name daarop geskryf van Afrikaners wat volgens die “aktivis” met die ou Suid-Afrika verbind word, te loop as teken van afkeur. Die aksie is bedoel as provokasie, nes die verf en brand van standbeelde, en bring natuurlik dadelik die vraag na vore hoe
Lees verder…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

EUREKA veiligheid dorp van Adriaan Nieuwoudt kom onder spervuur

Die munisipale bestuurder van Kamiesberg Plaaslike Munisipaliteit, Joseph Cloete, sê hulle het geen aansoek ontvang van mnr. Niewoudt om die plaas vir iets anders as landboudoeleindes te gebruik nie. Volgens Cloete, vir die plaas se spesifieke sonering mag jy nie meer as ‘n tweede woning en ander noodsaaklike strukture oprig nie. Cloete sê beleggers in […]
Lees verder…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Cosatu is nou weer opdreef en teiken Orania, het hulle niks beter om te doen nie !!??

Cosatu in die Noord-Kaap eis dat die regering optree teen die arrogante Orania, wat nie wil transformeer en inskakel by die Thembelihle munisipaliteit nie. In ‘n verklaring sê die kommunistiese vakbond dat hy kwaad is vir wat hy noem die toenemende rassisme in Orania, wat die demokraties verkose regering ondermyn. “Orania het aan ons almal […]
Lees verder…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Orania se Ora gaan in ‘n nuwe digitale geldeenheid omskep word wat die Rand kan teenstaan

Ekonoom Dawie Roodt is betrokke by ‘n projek om ‘n nuwe digitale geldeenheid in die dorp van Orania te ontwikkel met die digitaliseering gebruik van hul bestaande Ora geldeenheid, wat die ekonomie van die dorp aansienlik sal verbeter. Die digitale geldeenheid sal met behulp van slimfone verhandel word, en Roodt het gesê dat hulle met […]
Lees verder…

Enjoyed this post? Share it!