Van ver af lyk dit soos die ware Jacob. Maar van nader kon Johannesburgse metropolisiebeamptes skaars glo wat hulle op twee minibustaxi’s se windskerms sien: lisensieskyfies wat van lugtyd-koopbewyse en koerante gemaak is.
Die beamptes het daarop afgekom toe hulle ’n padblokkade by die hoek van Malibongwe- en Pres. Fouché-rylaan in Randburg beman het, sê supt. Edna Mamonyane, woordvoerder van die Johannesburgse metropolisie (JMPD).
Continue reading…