AfriForum versprei ‘rillerstories’ oor SA, sê Sisulu – Haai rerig?

AfriForum versprei “rillerstories” oor Suid-Afrika in die buiteland, het Lindiwe Sisulu, minister van internasionale betrekkinge en samewerking, Dinsdag gesê toe sy die burgerregteorganisasie AfriForum wéér gekritiseer het.

Sy het AfriForum daarvan beskuldig dat hulle die situasie in Suid-Afrika oordryf.
Lees verder…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Kom ons hoop dit is so! – VF Plus en regering praat oor plaasmoord statistiek

Nadat die regering twee weke gelede na jarelange swye en herhaalde versoeke van die VF Plus besluit het om statistiek oor plaasmoorde uit te reik, het die minister van polisie, Bheki Cele, nou ook gesê hy is bereid om met die VF Plus gesprek te voer oor die aangeleentheid in ʼn poging om oplossings hiervoor te vind.
Lees verder…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Jarelange gebrek aan misdaadintelligensie en populistiese uitsprake deur ANC- en EFF-politici skep die klimaat vir burgerlike ongehoorsaamheid

Die Gautengse regering het reeds sy inwoners gefaal terwyl die plaasmoord-tog in die provinsie voortduur met twee bejaarde egpare wat Sondag in afsonderlike voorvalle op hul plase vermoor is.

‘n Bejaarde egpaar is Sondag op hul plaas in die Orange Farm-gebied in die Vaaldriehoek vermoor en met steekwonde in hul huis aangetref terwyl die 78 jarige Fanie en 74 jarige Colleen Engelbrecht van die plaas Welgevonden naby Westonaria onderskeidelik keelaf gesny en met ‘n strykysterkoord verwurg is. In beide gevalle het die terroriste onder meer vuurwapens, kontant en huisraad gebuit.
Lees verder…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Bejaarde egpaar van Wesrand wreed op plaas vermoor

Fanie (78) en Colleen (74) Engelbrecht van die plaas Welgevonden naby Westonaria aan die Wesrand is vermoedelik Sondagoggend aangeval en vermoor, sê Sarel Cilliers, ’n boer van die omgewing.

Fanie is na bewering keelaf gesny en Colleen met die koord van ’n strykyster verwurg.
Lees verder…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Bejaarde egpaar van Bela-Bela word nuutste slagoffers van plaasaanvalle

In die vroeë oggendure van Dinsdag is ’n bejaarde egpaar aangeval, aangerand en beroof op hul plaas buite Bela-Bela. Na bewering is die slagoffers die ouers van ’n vooraanstaande dokter op die dorp.

Nasionale operasionele koördineerder van AfriForum, Marius Müller het Woensdag aan Maroela Media gesê dat die egpaar wat in hul 70’s is, omstreeks 01:00 deur vier verdagtes op hul plaas noordwes van die dorp oorval is.
Lees verder…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Buitelandse gemors voer plaasaanval uit

Vier buitelanders is geïdentifiseer as verdagtes by ‘n plaasaanval in die Warmbad distrik. Hulle is nog op vrye voet.
Lees verder…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Statistieke bekend na elf jaar se swye oor plaasaanvalle en -moorde

Die VF Plus verwelkom die besluit van die minister van polisie, Bheki Cele, en die polisiekommissaris, genl. Khehla Sithole, om na elf jaar se swye oor plaasaanvalle en -moorde, weer statistiek hieroor bekend te maak.

Die laaste keer dat statistiek hieroor uitgereik is, was in 2007. Die VF Plus het nogtans deurgaans in parlementêre vrae statistiek oor die aangeleentheid aangevra, en dit is nou eindelik weer beantwoord.
Lees verder…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Nog ‘n plaasaanval vind plaas waar jongman wreedaardig aangeval was

Nog ‘n plaasaanval waar die jongman wreedaardig aangeval word. Daar word op hom geskiet. Sy been word met ‘n panga oopgekloof en hy word herhaaldelik in sy gesig geskop.

Die voorval het gister afgespeel omstreeks 00H00 in die Alma distrik.
Lees verder…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Terroriste slaan toe op Kroonstad-plaas

Gewapende terroriste het Donderdag omstreeks 11:30 op ’n plaas by Heuningspruit naby Kroonstad toegeslaan en vuurwapens en kontant gebuit.

Volgens Tewis Lotter, die boer op wie se plaas, Mooivlakte, die aanval gebeur het, was hy nie tuis nie.
Lees verder…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Oom Japie van Hertzogville word met stukke hout, kieries en ’n panga oor die kop en oor sy lyf geslaan tydens plaasaanval

Die erg getraumatiseerde Japie van den Berg (75) en sy vrou, Emma (74), van die plaas Noord-Langeveld naby Hertzogville, sterk in ’n hospitaal in Bloemfontein aan nadat hulle Saterdagoggend op hul plaas aangeval is.

Johan van Rensburg, ’n buurman, sê hy moes met sy bejaarde bure na die Life Rosepark-hospitaal in Bloemfontein jaag nadat hulle omstreeks 06:30 erg aangerand en toe beroof is.
Lees verder…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

VP Plus: Plaasaanvalle in SA word toenemend polities-gemotiveerd

Die VF Plus het die Vrystaatse polisiekommissaris, genl-maj Moeketsi Sembe, versoek vir ‘n vergadering om die toenemende plaasaanvalle in die provinsie te bespreek.

Dié party se provinsiale leier, mnr. Jan van Niekerk, sê dit volg nadat Jappie van den Berg (75) en sy vrou Emma (75) Saterdag op hul plaas Langeveld in die Hertzogville-distrik aangeval is. Hulle sterk tans aan in ‘n Bloemfonteinse hospitaal.
Lees verder…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Leë nuwe gebou kos weermag ‘n allemintige R57 miljoen wat 680 mense kan huisves

Die weermag betaal al vir minstens drie jaar maandeliks R1,6 miljoen vir ’n gebou wat sy soldate nog nooit betrek het nie.

Dít kom neer op vrugtelose verkwisting van nagenoeg R57 miljoen van die verdedigingsbegroting wat reeds onder tekorte gebuk gaan.
Lees verder…

Enjoyed this post? Share it!