Statistieke bekend na elf jaar se swye oor plaasaanvalle en -moorde

Die VF Plus verwelkom die besluit van die minister van polisie, Bheki Cele, en die polisiekommissaris, genl. Khehla Sithole, om na elf jaar se swye oor plaasaanvalle en -moorde, weer statistiek hieroor bekend te maak.

Die laaste keer dat statistiek hieroor uitgereik is, was in 2007. Die VF Plus het nogtans deurgaans in parlementêre vrae statistiek oor die aangeleentheid aangevra, en dit is nou eindelik weer beantwoord.
Lees verder…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

‘n Versoek aan Ramaphosa om eers plaasaanvalle aan te vat – Dr. Pieter Groenewald

Die ANC-regering wat so ywerig is om Suid-Afrika se geskiedenis te verdraai om emosie oor die grondkwessie op te wek, moet eerder kennis neem van die harde werklikheid van plaasaanvalle en -moorde en vir eens daadwerklike stappe neem om dit hok te slaan, sê die leier van VF Plus, dr. Pieter Groenewald.

Dr. Groenewald het die statistiek van TLU SA aangehaal waaruit dit blyk dat daar vanjaar al 42 aanvalle en ses moorde op plase was. “Net hierdie week is twee bejaardes wreed vermoor.
Lees verder…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Woensdag: 2 plaasaanvalle vind plaas ure uit mekaar

Daar was Woensdagoggend binne enkele ure van mekaar twee plaasaanvalle in Limpopo en Mpumalanga onderskeidelik.

’n Plaaswerker is omstreeks 04:30 op ’n plaas in die Kromdraai-gebied buite Emalahleni in Mpumalanga geskiet.
Lees verder…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Swart Maandag-veldtog is gekaap deur fopnuus

Marie-Louise Antoni skryf oor die gewetenlose metodes wat deur Suid-Afrika se ras-ultragroep gebruik is om die land se rassediskoers te verdraai. Ná die brutale moord op ʼn Wes-Kaapse boer, Joubert Conradie van Klapmuts, het ʼn hartroerende videoboodskap van sy vriend Chris Loubser soos ʼn veldbrand op sosiale media versprei. Loubser, duidelik ontsteld, het op die […]
Lees verder…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

VF Plus leier konfronteer Zuma met die harde werklikheid van die wreedheid van plaasaanvalle en -moorde

President Jacob Zuma is omring van lyfwagte en is daarom nie bewus van die ware omvang van misdaad in Suid-Afrika nie. Dit is die rede waarom hy die president vandag gekonfronteer het met die harde werklikheid van die wreedheid van plaasaanvalle en -moorde, sê dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus. Dr. Groenewald het […]
Lees verder…

Enjoyed this post? Share it!