Jarelange gebrek aan misdaadintelligensie en populistiese uitsprake deur ANC- en EFF-politici skep die klimaat vir burgerlike ongehoorsaamheid

Die Gautengse regering het reeds sy inwoners gefaal terwyl die plaasmoord-tog in die provinsie voortduur met twee bejaarde egpare wat Sondag in afsonderlike voorvalle op hul plase vermoor is.

‘n Bejaarde egpaar is Sondag op hul plaas in die Orange Farm-gebied in die Vaaldriehoek vermoor en met steekwonde in hul huis aangetref terwyl die 78 jarige Fanie en 74 jarige Colleen Engelbrecht van die plaas Welgevonden naby Westonaria onderskeidelik keelaf gesny en met ‘n strykysterkoord verwurg is. In beide gevalle het die terroriste onder meer vuurwapens, kontant en huisraad gebuit.
Lees verder…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Bejaarde egpaar van Wesrand wreed op plaas vermoor

Fanie (78) en Colleen (74) Engelbrecht van die plaas Welgevonden naby Westonaria aan die Wesrand is vermoedelik Sondagoggend aangeval en vermoor, sê Sarel Cilliers, ’n boer van die omgewing.

Fanie is na bewering keelaf gesny en Colleen met die koord van ’n strykyster verwurg.
Lees verder…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Bejaarde egpaar van Bela-Bela word nuutste slagoffers van plaasaanvalle

In die vroeë oggendure van Dinsdag is ’n bejaarde egpaar aangeval, aangerand en beroof op hul plaas buite Bela-Bela. Na bewering is die slagoffers die ouers van ’n vooraanstaande dokter op die dorp.

Nasionale operasionele koördineerder van AfriForum, Marius Müller het Woensdag aan Maroela Media gesê dat die egpaar wat in hul 70’s is, omstreeks 01:00 deur vier verdagtes op hul plaas noordwes van die dorp oorval is.
Lees verder…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Statistieke bekend na elf jaar se swye oor plaasaanvalle en -moorde

Die VF Plus verwelkom die besluit van die minister van polisie, Bheki Cele, en die polisiekommissaris, genl. Khehla Sithole, om na elf jaar se swye oor plaasaanvalle en -moorde, weer statistiek hieroor bekend te maak.

Die laaste keer dat statistiek hieroor uitgereik is, was in 2007. Die VF Plus het nogtans deurgaans in parlementêre vrae statistiek oor die aangeleentheid aangevra, en dit is nou eindelik weer beantwoord.
Lees verder…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Nog ‘n plaasaanval vind plaas waar jongman wreedaardig aangeval was

Nog ‘n plaasaanval waar die jongman wreedaardig aangeval word. Daar word op hom geskiet. Sy been word met ‘n panga oopgekloof en hy word herhaaldelik in sy gesig geskop.

Die voorval het gister afgespeel omstreeks 00H00 in die Alma distrik.
Lees verder…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Terroriste slaan toe op Kroonstad-plaas

Gewapende terroriste het Donderdag omstreeks 11:30 op ’n plaas by Heuningspruit naby Kroonstad toegeslaan en vuurwapens en kontant gebuit.

Volgens Tewis Lotter, die boer op wie se plaas, Mooivlakte, die aanval gebeur het, was hy nie tuis nie.
Lees verder…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Oom Japie van Hertzogville word met stukke hout, kieries en ’n panga oor die kop en oor sy lyf geslaan tydens plaasaanval

Die erg getraumatiseerde Japie van den Berg (75) en sy vrou, Emma (74), van die plaas Noord-Langeveld naby Hertzogville, sterk in ’n hospitaal in Bloemfontein aan nadat hulle Saterdagoggend op hul plaas aangeval is.

Johan van Rensburg, ’n buurman, sê hy moes met sy bejaarde bure na die Life Rosepark-hospitaal in Bloemfontein jaag nadat hulle omstreeks 06:30 erg aangerand en toe beroof is.
Lees verder…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

VP Plus: Plaasaanvalle in SA word toenemend polities-gemotiveerd

Die VF Plus het die Vrystaatse polisiekommissaris, genl-maj Moeketsi Sembe, versoek vir ‘n vergadering om die toenemende plaasaanvalle in die provinsie te bespreek.

Dié party se provinsiale leier, mnr. Jan van Niekerk, sê dit volg nadat Jappie van den Berg (75) en sy vrou Emma (75) Saterdag op hul plaas Langeveld in die Hertzogville-distrik aangeval is. Hulle sterk tans aan in ‘n Bloemfonteinse hospitaal.
Lees verder…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Ma en kinders in wreedaardig aangeval in plaashuis naby Brits deur terroriste

‘n Enkelma en haar twee jong dogters is Vrydagnag wreed deur twee rowers in hul plaashuis op Bokfontein naby Brits met ‘n knuppel en sambok aangeval.

Annemarie Carvalho (37) en haar dogters, 9 en 12, het geslaap toe twee rowers ‘n staal- en skuifdeur na die huis oopgebreek het.
Lees verder…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Boere van Noordwes trek 3 terroriste vas ná plaasaanval op 75 jarige vrou

Drie verdagtes wat 75 jarige vrou op haar plaas aangeval het, is Maandagmiddag deur verskeie boere in omgewing vasgetrek.

Plaaslike woordvoerder van die polisie Lt.kol. Amanda Funani het die voorval bevestig en genoem dat die voorval Maandag omstreeks 12:00 naby Swartruggens in Noordwes plaasgevind het.
Lees verder…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Bejaarde boer in die Oos-Vrystaat aangeval en met messe gesteek

’n “Hoogs gespesialiseerde” taakspan van die Vrystaatse polisie soek na die twee mans wat ’n bejaarde boer op sy plaas buite Paul Roux in die Oos-Vrystaat aangeval en met messe gesteek het.

Chris du Plooy (80), van die plaas Rexford, het geslaap toe twee gewapende mans hom Maandag omstreeks 04:00 in sy bed oorval het.
Lees verder…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Regering hou hom blind vir vlaag plaasmoorde en aanvalle

Die ANC se blinddoek-benadering tot die vlaag plaasaanvalle in die land sedert president Cyril Ramaphosa se aankondiging dat grond sonder vergoeding onteien gaan word, laat ‘n veiligheidsleemte op plase wat tans hand-uit ruk en versterk die persepsie in die buiteland dat massavervolging van boere in Suid-Afrika plaasvind.
Lees verder…

Enjoyed this post? Share it!