ANC dank Zuma af, maar hy klou soos klitsgras

Die ANC het uiteindelik besluit om sy voormalige leier en tans nog staatshoof, Jacob Zuma, die trekpas te gee en het hom afgedank as president, onder die sagklinkende term dat hy “herroep” word.

Zuma is egter nie lus om sommer netso die trekpas te kry nie en klou steeds aan sy posisie. As hy nie self sy bedanking indien nie, sal die ANC hom deur ‘n mosie van wantroue in die parlement moet verwyder.
Lees verder…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Die een hand was die ander een: Dlamini-zuma vs. Zuma

As daar ooit enige twyfel was oor die verhouding tussen die huidige ANC-leier, Jacob Zuma en sy eks-vrou, Nkosazana Dlamini-Zuma, het laasgenoemde dit finaal uit die weg geruim. Dlamini-Zuma het gesê dat sy nie vir Jacob Zuma sal herroep as staatshoof, sou sy die ANC se leiersverkiesing van Desember wen. Daar is baie bespiegelinge oor […]
Lees verder…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Geskiedkundige politieke tweestryd – sal Zuma mosie van wantroue oorleef?

Die tafel is gedek vir ’n geskiedkundige politieke tweestryd wanneer opposisiepartye Dinsdag in die parlement vir die agtste keer sal probeer om van pres. Jacob Zuma as staatshoof ontslae te raak. Die verskil met dié nuutste mosie van wantroue in Zuma is dat die 400 LP’s vir die eerste keer in die geheim oor sy […]
Lees verder…

Enjoyed this post? Share it!