Boer wie se skape gesteel is, kry boete en misdaadrekord –kriminele loop nog vry rond en slagoffer moet boet

’n Boer wat gehelp het om diewe vas te trek wat sy vee gesteel het, het nie net self twee naweke gelede in die selle geslaap nie, hy het nou ook ’n misdaadgeskiedenis.

Donevan Janse van Rensburg (23) van Middelburg, Mpumalanga, sê hy voel dubbel ingeloop.

Einde 2016 is 11 van sy skape ter waarde van sowat R18 000 gesteel. Hy het saam met die polisie gewerk om die diewe vas te trek.
Lees verder…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

G’n wolhaarstorie! – 6 gesteelde skape in Tazz geprop

Twee vermeende veediewe is Saterdagaand vasgetrek toe hulle ses gesteelde skape in ’n Toyota Tazz ingedruk het.

Die skape is in die motor se kattebak en op die agterste sitplek gekry.

Die polisie in Cathcart, ’n klein dorpie tussen Queenstown en Stutterheim in die Oos-Kaap, het tussen die plase in die omgewing gepatrolleer toe hulle op die volgepakte voertuig afgekom het.
Lees verder…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

27 ‘veediewe’ in KwaZulu-Natal vasgetrek

Altesaam 27 verdagtes is in net meer as ʼn week in verband met veediefstal-sake in KwaZulu-Natal in hegtenis geneem. Lt.kol. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, het gesê die polisie het van 19 tot 28 November operasies in die Madadeni-, Utrecht-, Dannhauser-, Dundee-, Ekuvukeni- en Charlestown-gebied gedoen om die vlaag veediefstal in die provinsie hok […]
Lees verder…

Enjoyed this post? Share it!