Cyril verstaan nie gelyke regte vir almal in nuwe SA

President Cyril Ramaphosa se verwysing na bevoorregting van die wit jeug en Regstellende Aksie (RA) en Swart Ekonomiese Bemagtiging (SEB), wys dat hy nie die argument van gelyke regte vir almal in Suid-Afrika verstaan nie.

Die leier van VF Plus, dr. Pieter Groenewald, sê Ramaphosa se gebruik van werkloosheidstatistiek wat daarop dui dat 20% van die swart jeug werkloos is teenoor slegs 7% wit jeug, en sy aanname dat die wit jeug daarom steeds bevoorreg is, beteken dat hy eers gelykheid sal aanvaar as albei groepe dieselfde werkloosheidskoers het.
Continue reading…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Cyril, “Wie se grond wil jy vat?” vra LP’s

Pres. Cyril Ramaphosa sal Dinsdag in die parlement moet antwoord wie presies se grond sal sonder vergoeding afgevat word en wie dit sal kry.

Emosionele tonele het hulle Maandag in die nasionale vergadering (NV) afgespeel soos veral opposisie-LP’s een vir een die grondkwessie tydens die debat oor Ramaphosa se staatsrede opgehaal het.
Continue reading…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Brutale plaasmoorde en aanvalle afgelope naweek is skokkend

Verskeie plaasaanvale en –moorde het die afgelope naweek voorgekom, en in die een geval is “Kort” Hans Meyer koelbloedig op sy plaas naby Charl Cilliers, ‘n dorpie naby Secunda in Oos-Transvaal vermoor.

Continue reading…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Bejaarde egpaar van Grootvlei, Mpumalanga, in skuur oorval, aangerand

’n Bejaarde egpaar, die Hickleys, is Donderdagoggend deur ’n tuinwerker en nog ’n man op hul plaas naby Grootvlei, Mpumalanga, aangeval.

Dit is net noord van Villiers, in die Vrystaat.

Volgens inligting op sosiale media is die Hickleys in ’n skuur op die plaas Draaifontein oorval, aangeval en vasgebind. Hulle is hierna by die huis ingedwing en verder aangerand. Die twee aanvallers het toe met kontant, ’n selfoon en ’n handsak gevlug.
Continue reading…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Panga-aanval op boer van Hoopstad: Mans vry, dossier ‘weg’

‘n Boer van Hoopstad is woedend omdat die vier mans wat hom in November met onder meer pangas aangeval het en wou doodmaak, op vrye voet is aangesien die polisiedossier weggeraak het.

Kapt. Stephen Thakeng, ’n polisiewoordvoerder, het bevestig die dossier is soek in die saak waarin die viertal op aanklagte van poging tot moord en huisbraak sou teregstaan.
Continue reading…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Bejaarde egpaar loop deur in plaasaanval naby Spitskopdam in die Noord-Kaap

’n Bejaarde egpaar is Woensdagoggend vroeg op hul plaas naby Spitskopdam in die Noord-Kaap aangeval.

Hulle is daarna in die waakeenheid van ’n hospitaal in Kimberley opgeneem.

Continue reading…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Die aap in die Suid-Afrikaanse politiek

Ten minste sedert die Penny Sparrow-voorval, weet ons dat die woord “aap” in ons land uiters gevaarlik geword het. Veral op Engels as: “monkey”. Vir die Afrikaanssprekende klink “monkey” na ‘n verkleiningsvorm; dit het iets kinderliks en vriendeliks. Helaas, het ons nou die ander gesig van die aap gesien, in die vorm van massa- en mediahisterie.

Nog meer onlangs het ‘n horde rooi wagte van die EFF (Economic Freedom Fighters) etlike winkels van die Sweedse modehuis Hennes en Maurits bestorm en daarbinne amok gemaak. Dis nou die fameuse “H & M”. Ek besit self ‘n paar linnehemde en -broeke van H & M; ek moet sê, dit verskaf my tans ‘n vreemde gevoel om hulle aan te trek, asof ek een of ander gebod oortree. Die aapgebod?
Continue reading…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Jong egpaar oorleef plaasaanval in Gauteng

’n Jong egpaar is Vrydag in die vroeë oggendure, net ná middernag, deur rowers wat by hul huis op ’n plaas in Hekpoort, naby Magaliesburg in Gauteng, ingebreek het, aangeval. Die 21-jarige man is met ’n skerp voorwerp in die rug gesteek en hy het ook wonde aan sy gesig opgedoen, luidens ’n verklaring deur […]
Continue reading…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

VF Plus: Dieperliggende redes vir plaasaanvalle in Suid-Afrika

Die vlaag van plaasaanvalle in die Noord-Kaap laat die kollig val op gemoedere wat toenemend rondom grondbesit in Suid-Afrika opgejaag word, sê dr. Wynand Boshoff, Noord-Kaapse leier van die VF Plus. Hy sê terwyl beter polisiëring en toenemende paraatheid die probleem kan verlig, is daar in Suid-Afrika ‘n onderliggende probleem wat aandag verg. “Dit skep […]
Continue reading…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Dit is absurd! – BLF verwelkom brand op Rupert familieplaas

GEPLAAS OP 7 FEBRUARIE 2018 DEUR BLACK FIRST LAND FIRST ORGANISASIE – Ons is opgewonde oor die feit dat ’n brand in sommige dele van ’n plaas, wat onwettig beset word deur die Rupert familie, uitgebreek het. Black First Land First glo dat die vuur die vergelding van ons swart God is. Die vuur is gereg en geregtigheid en verwelkom.

In Mei 2017 het BLF die blankes tot en met Desember daardie jaar kans gegee om as blankes te ontmoet en besluit om ons land terug te keer. Maar soos die koppige en arrogante farao’s van die Bybel, het die blankes gereageer met ’n gelag. Ons het aan ons swart gode gebid om ons krag, eenheid te gee en diegene wat ons land gesteel het, te straf. Ons het gebid vir droogte en ons het gebid vir die vuur op die diewe.
Continue reading…

Enjoyed this post? Share it!