Tom Moyane, Suid-Afrikaanse Inkomstediens, sê Ramaphosa die stryd aan

Tom Moyane, die kommissaris van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID), het Cyril Ramaphosa die stryd aangesê rondom sy skorsing as baas van SAID.

Volgens Moyane is die president bevooroordeeld en het daar op 18 Maart 2018 by Ramaphosa se huis ‘n harde woordewisseling plaasgevind waartydens Ramaphosa op hom geskreeu het.

Die “geveg” gaan rondom die skamele R70 miljoen BTW uitbetaling wat die Gupta gebroeders ontvang het namens die Oakbay maatskappy.

Volgens Moyane se regsverteenwoordigers het Ramaphosa reeds toe besluit om Moyane af te dank sonder enige verdere ondersoek.

Enjoyed this post? Share it!