Uitnodiging na inligtingsaand oor belegging in Gannabos-behuisingsprojek

Orania-ondersteuners in Gauteng word uitgenooi na ’n inligtingsgeleentheid oor die Gannabos-behuisingsprojek op Maandag 18 Junie om 18:00 by die kantoor van Solidariteit in Pretoria.

Die doel van die geleentheid is om aan voornemende beleggers te verduidelik hoe jy vir so min as R25 000 as belegger tot Orania se eiendomsmark kan toetree.

Die eerste fase van die Gannabos-projek is reeds ’n sukses met alle voltooide wooneenhede wat onmiddellik opgeraap word en ’n lang waglys van potensiële huurders. Beleggers vir die volgende fase word tans gewerf. Persone wat belangstel om die geleentheid by te woon moet voor of op Vrydag 15 Junie 2018 vir Appie Pienaar by appie@solidariteit.co.za laat weet.


Enjoyed this post? Share it!